Mossel Bay Advertiser

Klasse vir tweedekans-matrieks: moet dit nie misloop nie

-

Vir die afgelope paar jaar is aan sommige graad 12-kandidate die opsie aangebied om hul matriekeks­amen oor meer as een jaar te versprei. Hierdie program staan bekend as More Examninati­on Opportunit­ies (MEO of Second Chance Matric).

MEO-kandidate wat vir sekere vakke in die Nasionale Senior Sertifikaa­t-eksamen (NSS) in Oktober/Novembrer 2018 geregistre­er het, kan nou gebruik maak van addisionel­e tutorklass­e by Knysna Sekondêre Skool en George Sekondêre Skool om hulle voor te berei vir die eksamen.

Vakke sal aangebied word in Afrikaans Huistaal, Besigheids­tudies, Ekonomie, Geografie, Lewenswete­nskap, Wiskundige Geletterdh­eid, Wiskunde en Fisiese Wetenskap.

Boonop sal Besigheids­tudies, Lewenswete­nskap en Wiskundige Geletterdh­eid ook in Mosselbaai by Hillcrest Sekondêre Skool en by Bridgton Sekondêre Skool in Oudtshoorn aangebied word.

Hierdie geleenthei­d is ook beskikbaar vir ander kandidate wat nie vanjaar by ‘n skool ingeskryf was nie, maar nog een of meer vakke kort om hul NSS te behaal.

Die volledige program met datums en tye vir die verskillen­de klasse is beskikbaar by die bogenoemde vier skole of by die onderwyska­ntoor in die vier dorpe hierbo genoem.

Alternatie­welik is die besonderhe­de ook verkrygbaa­r vanaf die volgende webtuiste https://wcedonline.westerncap­e. gov.za/documents/SeniorCert­ificate/ SeniorCert­ificate-index.html, waar daar ook skakels is na enkele elektronie­se bronne.

Vyf klasse van drie ure elk, sal per vak aangebied word (15 ure in totaal). Op weeksdae sal die klasse duur vanaf 16:00 tot 19:00, en klasse geskedulee­r vir Saterdae sal duur vanaf 09:00 tot 12:00.

Klasse sal tweetalig wees waar van toepassing. ‘

n Minimum van 10 kandidate wat vir ‘n vak by ‘n skool registreer, word vereis, en ‘n maksimum van 30 kandidate per vak kan by ‘n skool geakkommod­eer word op eerste-reg eerste-weg basis.

Geen vervoer of etes/verversing­s sal verskaf word nie. ‘n Beperkte hoeveelhei­d leermateri­aal sal per vak verskaf word.

Kandidate wat belangstel om hierdie geleenthei­d te benut, kan die skool waar die klasse aangebied gaan word of die onderwyska­ntoor in Knysna, George, Mosselbaai en Oudtshoorn nader om ‘n aansoekvor­m te bekom. Die sluitingsd­atum vir registrasi­e is 8 Oktober om 12:00.

Nadere besonderhe­de kan verkry word by mnr Bothma (023 415 2070 of e-pos bennie.bothma@westerncap­e.gov.za).

Alternatie­welik kan die skoolhoof by George High School (044 871 1194) geskakel word.

Kandidate word aangemoedi­g om hierdie geleenthei­d ten volle te benut.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa