Mossel Bay Advertiser

‘n Arend bly ‘n arend

- Jors Troelie

'n Arend bly 'n arend of hy sierlik deur die lug klief en of hy laag oor die aarde skeer. Net so in gholf. Dus, of Gloria Greyvenste­in haar balletjie met twee sierlike lughoue tot in die gaatjie op nommer 10 gelanseer het en of twee heelwat laer (geluk)houe, een glo aange"woema" deur die pad, die balletjie daar laat beland het, is nie ter sake nie. (Dit was weliswaar onweerstaa­nbare tergmateri­aal.)

Die onteensegl­ike feit bly, Gloria het trefseker aangelê. Boonop vang Jors nie oor 'n (gholf) arend vlieë nie. Min sosiale gholfers behaal dit en wie so presteer verdien 'n kloppie op die skouer. Buitendien het Gloria ook nog 'n spogtweetj­ie behaal en in haar afdeling gewen. Kortom, kruppel of te nie na 'n beseerde enkel en 'n lang afwesighei­d, is haar gholf vuurwarm. Veels geluk Gloria. Hou dit tog vol vir volgende maand se moordende kragmeting teen George sodat daardie mooi trofee op eie bodem kan bly.

Uitslae

Die volledige uitslae in die verskillen­de afdelings van die vroue se houespel en setkompeti­sie was soos volg:

Silwer: 1. Gloria Greyvenste­in (voorgee 12) netto-telling 73; 2. Christe Mari Meyer (voorgee 14) netto 76

Brons: 1. Cynthia Zietsman (voorgee 23) netto 73; 2. Jackie Braisher (voorgee 21) netto 75

Koper: 1. Rachel Mulder (voorgee 29) netto 77.;

Minste sette: Christe Mari (26); naaste aan die vlag op nommer 12 is Gloria wat ook 'n spogtweetj­ie op nommer12 behaal het.

Die wenner in elke afdeling het daardie gesogte glas-trofeetjie ontvang benewens 'n welkome geskenkbew­ys van Superspar Mosselbaai wat ook die naaswenner­s verbly het.

 ??  ?? Wenners van die vroue se gholfdag is van links, Christe Mari Meyer, Jackie Braisher, Gloria Greyvenste­in, Rachel Mulder, Cynthia Zietsman.
Wenners van die vroue se gholfdag is van links, Christe Mari Meyer, Jackie Braisher, Gloria Greyvenste­in, Rachel Mulder, Cynthia Zietsman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa