Mossel Bay Advertiser

Malmesbury se Dorings

-

Vir Die Dorings van Malmesbury was dit 'n besonderse ervaring om deel te wees van die Mosselbaai Sportfees, sê Gerhard Januarie, hoofafrigt­er van Die Dorings namens die groep.

Hy sê dié Bolandse Rugbyklub, wat vanjaar hul 44ste bestaansja­ar vier het die klub se heel eerste sporttoer na die Mosselbaai Sport en Rekreasief­ees onderneem waar hulle aan onder meer die raakrugby, MossMarch en 'n vriendskap­like 15-man rugbywedst­ryd op Brandwag kon deelneem. Vir Die Dorings was dit gou duidelik dat Mosselbaai werklik 'n omgee-uitreik-dorp is en die ervaring was fantasties toe die Fortuin-egpaar van The Garden Route Mustangs hande uitgereik het om ons as besoekende span welkom te heet en in die dorp touwys gemaak het.

"Die groot oomblik was om Rene Shear van Beecorp, wat in ons as span belê het, te ontmoet.

"Dit was heerlik om te besef dat die besoek aan Mosselbaai die begin is van groter netwerke. Spanne soos The Garden Route Mustangs en Happy Hearts het reeds samewerkin­g aangedui met die Paasfeesto­ernooi wat vanaf 19-22 April plaasvind.

"As rugbyklub is dit vir ons duidelik dat die gasvryheid van Mosselbaai opreg is ... 'n dorp wat voorwaar die Dorp van die Jaar titel verwerf het. Ons sien uit na Sportfees 2019.

Januarie sê die klub sien uit daarna om verhouding­e met Mosselbaai te versterk. Hulle het ook verskeie borge wat hul verblyf op Mosselbaai besonders gemaak het, bedank.

 ??  ??
 ?? Foto: Nickey le Roux ?? Die Dorings, al die pad van Malmesbury, sê hulle geniet die Sportfees terdeë.
Foto: Nickey le Roux Die Dorings, al die pad van Malmesbury, sê hulle geniet die Sportfees terdeë.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa