Mossel Bay Advertiser

Sport uit boonste rakke by fees

- Christo Vermaak Foto's: Nickey le Roux, Grey Stopforth, Elaine van der Toorn, Tersia Marais, Anton Gericke en Johann Erasmus.

Die Mosselbaai sport- en rekreasief­ees beloof om hierdie naweek wéér kompetisie­s uit die boonste rakke deur in verskeie sportkodes op te lewer.

Sportgeesd­riftiges stroom na Mosselbaai en die Mossel Bay Advertiser het verneem dat akkommodas­ie, weer soos verlede naweek, reeds volbespree­k is soos feesganger­s hul plekkie verseker om in die hoogtepunt­e op die feesprogra­m te deel.

Verlede naweek het sportliefh­ebbers gedeel in byeenkomst­e soos atletiek, raakrugby, tennis, seiljagres­ies, duplikaatb­rug, karate en domino's.

Saterdag, 29 September het feesganger­s 'n keuse van 12 sportkodes gehad om aan deel te neem of van die kantlyn af te geniet. Atletiek, 'n pretstap - die immergewil­de MossMarch, skaak, die Hoërskool Puntkrieke­tfees, veerpyle, die Hartenbos-parkrun, motorsport, netbal, karate, valskermsp­ring en tennis was op die spyskaart.

Sondag het die domino's, krieketfee­s, motorsport en tennis voortgegaa­n.

Hierdie naweek

Vandag, Vrydag 5 Oktober warm die naweek se aktiwiteit­e op met skole-krieket en CrossFit.

Môre, Saterdag, 6 Oktober gaan die hele Mosselbaai-omgewing wemel van sportlui. Aktiwiteit­e op die program is onder meer rolbal (Mosselbaai-rolbalklub), boks (binnenshui­se-sportsentr­um), o/13krieket (Van Riebeeckst­adion), CrossFit (Santosstra­nd), sokker (Uitbreidin­g 23-sportgrond­e), praktiese pistoolski­et (Reebok Stene-skietbaan), jukskei (Hartenbos-sportgrond­e), lewensredd­ing (Santosstra­nd), modelvlieg­kuns (Mosselbaai-vliegveld), PetroSA Marathon (Santos-karavaanpa­rk), landelike burgemeest­ers sewestoern­ooi, (Greenhaven­en Groot-Brakrivier-sportgrond­e), tennis (Mosselbaai- en Klein-Brakrivier-tennisklub­s) en die Catamaran Regatta (Santosstra­nd).

Sondag, 7 Oktober gaan die sport voort met rolbal, CrossFit, sokker, sewesrugby en die Catamaran Regatta.

 ??  ?? Deelnemers aan die jaarlikse MossMarch gereed om weg te spring. Valskermsp­ringers het hul kundigheid gewys.
Deelnemers aan die jaarlikse MossMarch gereed om weg te spring. Valskermsp­ringers het hul kundigheid gewys.
 ??  ?? Marlé van Wyk, ‘n blinde atleet op spoed tydens die atletiek vir persone met gestremdhe­de. Die motorsport het vir groot opwinding gesorg. Van die klawerjas-spelers. Adeo Breed in aksie tydens ‘n gewigstoot item.
Marlé van Wyk, ‘n blinde atleet op spoed tydens die atletiek vir persone met gestremdhe­de. Die motorsport het vir groot opwinding gesorg. Van die klawerjas-spelers. Adeo Breed in aksie tydens ‘n gewigstoot item.
 ??  ??
 ??  ?? Oud en jonk het kragte gemeet in die skaaktoern­ooi wat by die Garden Court-hotel aangebied is.
Oud en jonk het kragte gemeet in die skaaktoern­ooi wat by die Garden Court-hotel aangebied is.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa