Mossel Bay Advertiser

'n Arend bly 'n arend

- Gholfer

André Middel is 2018 se Winter Uitklopkam­pioen nadat hy verlede jaar se kampioen, die gedugte Gert Pieterse, in die eindstryd geklop het. Albei

spelers het oppad na die eindstryd met gedugte opponente afgereken en hulle was werklik twee waardige spelers om mekaar in die eindstryd aan te durf. Wel gedaan André, dit is ‘n titel om op trots te wees.

Woensdag

Woensdag, 26 September het 136 spelers mekaar in die maandeliks­e Sakemanned­ag die stryd aangesê. Die beterbal stableford­kompetisie is loshande deur die entoesiast­iese egpaar-kombinasie van André en Cynthia Zietsman op 50 punte gewen. Bennie Mintoor is goed ondersteun deur sy spookmaat en op 46 punte was hy tweede. Na die uittel het Danie le Roux en Adriaan Maarschalk op 45 punte die derde plek verower, met Noël Hudson en Johan Buys vierde.

Twee spelers met ‘n merkwaardi­ge, gesamentli­ke ouderdom van 160 jaar, George Sadowski en Wessel Brand, se 44 punte het ook gesorg dat hulle met ‘n groot braaipak huis toe is.

Twee van ons jonger lede, Stefan van Vuuren en Michel Rehr, het ook 44 punte daargestel en is met die sesde plek beloon. Baie dankie aan die groep Sakemanne wat maand na maand hulle hande diep in hulle sakke steek om die dag by ons klub moontlik te maak.

Saterdag

Die rugbytoets tussen die Springbokk­e en die Wallabies wat Saterdag, 29 September plaasgevin­d het, het nie baie gholfspele­rs laat tuisbly nie, want 140 spelers het aan die individuel­e stableford kompetisie deelgeneem. In die A-afdeling (voorgee 0-13) het Waldo Vorster sy gewone, bestendige gholf opgedis en op 39 punte was hy die wenner. Jaco Groenewald het op 39 punte die B-afdeling (voorgee 14-22) inge-oes.

Die vroue het sommer breed geglimlag toe Ineke Botes se 40 punte meer as genoeg was om in die C-afdeling (voorgee 24+) koning te kraai.

Goeie tellings is ook deur die volgende spelers daargestel: E Barkhuizen, K Snyman en P Brits (almal 38 punte), S Olivier, S Morrison en B Vermeulen (37 punte). Noël Domingo het ook nog by die agterdeur ingeglip op 36 punte en ook hy kon Sondag ‘n vuurtjie aansteek.

Liga

Veels geluk aan Morné Hugo se liga-span wat deurgedrin­g het na die Suid-Kaap-finaal. Saterdag, 6 Oktober meet hulle op Simola in die finaal kragte teen die span van George. Sterkte manne.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa