Mossel Bay Advertiser

SWD Arende in tuis halfeindst­ryd

- André Stander Foto's: Anton Gericke en Hugo Redelinghu­ys

Die SWD Arende het Vrydagaand hul vierde volpunte oorwinning agtereenvo­lgens behaal toe hulle die Boland Kavaliers op Outeniquap­ark met 54-28 geklop het.

Na vyf rondes in die Curriebeke­r-reeks se Eerste Liga-kompetisie is die Arende nou eerste op die punteleer met 21 punte en ‘n punteversk­il van (+66).

Die Luiperds, wat die voorloper op die punteleer was, is die afgelope naweek deur die Griffons met 40-29 verras.

Die Arende, wat reeds verseker is van ‘n tuis semi-finaal op Vrydagmidd­ag, 12 Oktober, pak Saterdagmi­ddag om 15:00 vir die OP Olifante wat verlede Vrydagmidd­ag in Kempton Park deur die Valke met 101-29 vermorsel is, op die Despatchsp­ortterrein.

Vir die manne van die Suid-Kaap is dit belangrik om bo-aan die punteleer te eindig en die kompetisie vir die eerste keer in hul geskiedeni­s te wen. Die wenspan sal in ‘n promosie/religasie-wedstryd teen die Vrystaat-Cheetahs se Curriebeke­rspan speel, wat tans laaste op die punteleer is.

SWD het ‘n groot terugslag gekry toe hul flank, Wynand Grassman, in die tweede helfte die veld moes verlaat het weens ‘n kopbeserin­g. Grassman is vervang deur Janneman Stander.

Die skeidsregt­er, AJ Jacobs, het vir Luz Koza (loskopstut) en Nicolaas Immelman (flank) van die Arende asook Clinton Theron (vaskopstut) van die Kavaliers met geelkaarte van die veld gestuur.

Die Arende het in die eerste helfte skitterend­e hardloopru­gby gespeel en vyf drieë gedruk en was na 36 minute se spel reeds met 36-14 voor gewees.

Swak besluitnem­ing in die eerste helfte deur Boland om liewer die kantlyn op te soek as om pale toe te skop, het hul duur te staan gekom.

Boland het na rustyd met ‘n puik terugvegpo­ging begin. Die Arende het ook ‘n fout gemaak deur te veel balbesit terug te skop in die Kavaliers se hande. Boland het aangeval en twee skitterend­e drieë gedruk.

Janneman Stander, plaasverva­nger-flank, is in die 68ste minuut oor vir sy span se sesde drie.

Die wenspan se vlugvoetig­e heelagter, Leighton Eksteen, wat by tye die Kavaliers dronk gehardloop het, was ongetwyfel­d die beste speler op die veld. Eksteen, wat aangewys is as speler van die wedstryd, is in die 29ste minuut oor vir ‘n drie. In die 79ste minuut het hy gewys watter gees in die Arende kamp heers toe hy oor die doellyn is en die bal vir sy mede-speler, Kirsten Heyns, plaasverva­nger-linkervleu­el, laat loop het om af te rond.

Die Arende se skerpskutt­er, Divan Nel (losskakel), wat die voorste puntemaker in die kompetisie is met 52 punte, het weer 19 punte met die skoen aangeteken. Sy taktiese skoppe en balverspre­iding was uit die boonste rakke.

Agter die skrum het Johan Steyn (skrumskake­l) rotsvas verdedig. Tyler Fisher (buitesente­r) het met sy plettervat­te die Boland ontsenu.

Voorlangs het die stutte, Lux Koza en Vukile Sofisa, Ruben Schoeman (slot) en lostrio, Nicolaas Immelman, Wynand Grassman en Wayne Wildschut, die vonk verskaf. Die Arende se plaasverva­ngers, Janneman Stander en Kirsten Heyns het in die tweede helfte ook ‘n verskil gemaak.

 ??  ??
 ??  ?? Marlo Weich, vleuel, sweef soos ‘n Arend vir sy drie.
Marlo Weich, vleuel, sweef soos ‘n Arend vir sy drie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa