Va­ri­a­sie en deel­na­me ken­merk fees

Mossel Bay Advertiser - - Voorblad - Chris­to Ver­maak

Die weg­spring van een van Suid-A­fri­ka se mees uit­mer­ge­len­de berg­fiets­ren­ne, die Ca­pe Pi­o­neer T­rek sal on­ge­twy­feld 'n trek­pleis­ter vir hon­der­de toe­skou­ers, on­der­steu­ners en sport­ad­mi­nis­tra­teurs van die deel­ne­mers dié na­week wees.

Met die fees se gees wat nog nie ge­demp is nie, vorm die Ca­pe Pi­o­neer T­rek deel van die Mos­sel­baai S­port- en Re­kre­a­sie­fees. Plaas­li­ke SA berg­fiets­ry­ers soos Ro­byn de Groot, Yo­lan­di de Vil­liers en Matthys Beu­kes, om maar en­ke­les by die naam te noem is ge­lys as deel­ne­mers van die 2018-fiets­ren wat op Dins­dag,

16 Ok­to­ber by Milk­wood P­ri­mê­re S­kool be­gin. Die fiets­ren word op Son­dag, 14 Ok­to­ber met 'n op­war­mings­ren van­af Milk­wood P­ri­mêr voor­af­ge­gaan.

Deel­ne­mers van reg­oor die wê­reld sal Dins­dag van Mos­sel­baai na Ge­or­ge ry. Don­der­dag, 18 Ok­to­ber ver­trek hul­le na Oudts­hoorn om Son­dag, 20 Ok­to­ber voor die Oudts­hoorn Qu­eens Ho­tel klaar te maak.

Meer in­lig­ting oor die fiets­ren is op die web­tuis­te www.cape­pi­o­neer.co.za be­skik­baar.

Bran­der­plank­ry

Sa­ter­dag, 13 Ok­to­ber en Son­dag 14, Ok­to­ber se bran­der­plank­ry by die Punt gaan ook vir groot op­win­ding sorg. Hier­die wa­ter­sport is ge­dag­boek om van 07:00 tot 17:00 daag­liks te vind.

Op die strand en langs die par­keer­a­rea sal toe­skou­ers met ver­skeie re­le­van­te ver­maak­lik­he­de be­sig ge­hou word, ter­wyl die bran­der­plank­ry­ers hul ta­lent in die bran­ders ten toon stel.

Sok­ker en bas­ket­bal

Op Uit­brei­ding 23 se sok­ker­vel­de is 16 sok­ker­span­ne be­sig om aan die Bur­ge­mees­ter­stro­fee deel te neem. Hier­die tro­fee word Son­dag­aand om 18:00 aan die wen­ners oor­han­dig.

Bas­ket­bal word ook van­af van­og­gend, 12 Ok­to­ber tot Sa­ter­dag, 13 Ok­to­ber in K­waNon­qa­ba se Bar­ce­lo­na­saal ge­speel.

CrossFit

At­le­te se fiks­heid, uit­hou­ver­moë, sta­mi­na en krag is be­hoor­lik op die proef ge­stel ty­dens die CrossFit-kam­pi­oen­skap op San­tos­strand.

Die CrossFit was deel van die Mos­sel­baai S­port- en Re­kre­a­sie­fees. Van Vry­dag, 5 Ok­to­ber tot Son­dag, 7 Ok­to­ber het oud en jonk aan die kam­pi­oen­skap deel­ge­neem. At­le­te is aan ver­skeie oe­fe­nin­ge bloot­ge­stel om te be­paal wie die sterk­ste en fik­ste deel­ne­mer is.

Dui­sen­de fees­gan­gers en sport­lui het die af­ge­lo­pe na­week (Sa­ter­dag, 6 Ok­to­ber en Son­dag, 7 Ok­to­ber) by­een­koms­te van die 14 sport­ko­des ge­niet. On­der die hoog­te­pun­te was die Pe­troSA-ma­ra­thon en die Ma­yo­ral Cup Rug­by in Groot Brak.

Sport­lui het reg­oor die dorp, op so­wel die Mos­sel­baai-rol­bal­baan, in die bran­ders rond­om San­tos­strand, op rug­by­vel­de, die skiet­baan, ten­nis­ba­ne, as­ook die mo­del­vlieg­tuig-lan­ding­strook ge­kom­pe­teer.

Fo­to's: Chris­to Ver­maak, Elai­ne van der Toorn, G­rey S­top­forth, Ju­li­an S­choltz en Ter­sia Ma­rais, Chris Hit­chcock, ZC Mar­ke­ting Con­sulting en Zoon Cron­jé.

S­pe­lers be­sig om op te warm vir die Ma­yo­ral Cup Rug­by in Groot Brak. Jo­han van Rens­burg, die wen­ner van die K­lein Brak­ten­nis­toer­nooi. At­le­te nog vol e­ner­gie ty­dens die 2018 Oys­ter­ca­t­cher Trail Run. Kon­sen­tra­sie op rol­bal­spe­lers se ge­sig­te. ‘n At­leet van Har­ten­bos Draw­wers steek die eind­streep oor.

Matthys Beu­kes is na twee jaar se af­we­sig­heid weer te­rug op die Ca­pe Pi­o­neer T­rek-roe­te. INLAS: Ro­byn de Groot, ses keer SA berg­fiets­kam­pi­oen sal son­der haar span­maat Sa­bi­ne S­pitz moet klaar­kom in die Ca­pe Pi­o­neer T­rek.

S­kuts van o­ral oor was in ak­sie ty­dens ver­le­de Sa­ter­dag se prak­tie­se pis­tool­skiet­kom­pe­ti­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.