Bur­ge­mees­ter, skaam jou

Mossel Bay Advertiser - - Briewe | Letters -

I­co­sa se streeklei­er, Da­wid Kam­fer, skryf:

Die bui­te­toi­let­te wat deur die DA-be­heer­de raad in JCC aan­ge­bring is, kan na a­part­heid be­skou word as die groot­ste be­le­di­ging vir Mos­sel­baai se ge­meen­skap.

Die bur­ge­mees­ter moet hom skaam, en moet dit be­skou as ‘n ver­leent­heid vir die dorp.

Die aan­bring van die bui­te­toi­lett­te, wat op fa­ce­book tal­le re­ak­sies van te­leur­steu­ling uit­ge­lok het, kan be­skou word ‘n skan­de vir Mos­sel­baai wat tot on­langs die dorp van die jaar was.

I­co­sa be­skou die toi­let­te as ‘n te­rug­slag vir Mos­sel­baai. Ons gaan vra dat die men­se­reg­te­kom­mi­sie die saak on­der­soek om­dat, na my me­ning die reg­te van die men­se hier­deur ge­skend word.

En in die tyd waar­in ons nou leef met ver­krag­ting wat hoog­ty vier, het DA ge­wys dat hul­le nie om­gee vir die vei­lig­heid van ons vroue en mei­sie­kin­ders nie.

Die uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter, Raads­heer Har­ry Le­ven­dal le­wer kom­men­taar:

Dit is dui­de­lik dat die kri­ti­ci nie weet wat aan­gaan nie. Ek is se­ker dat hul­le bloot die fo­to in die koe­rant ge­sien het en toe daar­op ge­re­a­geer het. Dit is te­leur­stel­lend dat men­se al­tyd po­si­tie­we din­ge neem en dit dan ne­ga­tief in­kleur. On­ge­luk­kig lei die­sul­kes ook dan an­der, wie ook nie in­ge­lig is nie, om die bos.

Die fei­te is soos volg:

Die men­se wat aan­gren­send tot Wal­vis­straat in die in­for­me­le ge­bied woon, is ty­de­lik her­ves­tig om­dat die grond waar­op hul­le ge­woon het vir hul for­me­le be­hui­sing ge­oor­merk was. Dit is net aan die an­der­kant van waar hul­le nou woon.

Met hul ty­de­li­ke her­ves­ti­ging is daar 15 ty­de­li­ke che­mie­se toi­let­te aan­ge­bring vir hul ge­bruik. Hier­die 15 che­mie­se toi­let­te is met 20 spoel­toi­let­te ver­vang wat heel­wat be­ter en meer hi­gi­ë­nies is.

Die be­trok­ke in­wo­ners het ook sleu­tels van die nu­we spoel­toi­let­te ge­kry so­dat dit teen van­da­lis­me be­skerm kan word en hul­le was baie ge­luk­kig.

Dit is nou na hier­die 20 toi­let­te wat die kri­ti­ci ver­wys. Dit ver­baas my dus dat men­se nou so te­leur­ge­steld kan wees. Raads­lid Kam­fer het glad nie ge­kla toe die aan­vank­li­ke 15 toi­let­te voor­sien is nie.

Daar is ook spe­si­fiek be­lig­ting aan­ge­bring wat die he­le ge­bied ver­lig. Ek is nie be­wus van e­ni­ge ver­krag­tings of po­gings tot ver­krag­tings of aan­val­le wat plaas­ge­vind het nie. Die men­se wat nou die spoel­toi­let­te ge­bruik, is be­guns­tig­des van die be­hui­sings­pro­jek wat tans aan die gang is. Hul­le sal hui­se kry wat met bad­ka­mers en toi­let­te toe­ge­rus is. In plaas van men­se om die bos lei met goed­koop po­li­tie­ke­ry, kan raads­lid Kam­fer ge­rus die aan­ge­leent­heid by die men­se­reg­te kom­mis­sie rap­por­teer en kyk hoe ver hy kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.