Lek­ke ek­ke

Mossel Bay Advertiser - - Briewe | Letters -

“So? Wat dink jy?” Die kof­fie­plek is be­dry­wig. ‘n Man sit arms ge­vou; kyk fron­send na ‘n sa­ke­ven­noot. Twee vrien­din­ne leun oor die ta­fel, dui­de­lik aan die skin­der. ‘n Men­ger knars ter­wyl ‘n ys­kof­fie­be­stel­ling voor­be­rei word.

Die kel­ner sit twee cap­puc­ci­no's voor ons neer, weers­kan­te van ‘n dok­ters­voor­skrif in die mid­del van die hout­ta­fel­tjie. Kof­fie stort oor die rand van die té vol be­ker. Die ou­tjie is jonk, on­er­va­re. Hy vra om ver­sko­ning en vee ver­vaard oor die ta­fel. Die voor­skrif be­land op die vloer.

Sy’s lank­al “nie lek­ker nie”, my vrien­din. Ty­dens ons kof­fie­af­spraak ver­tel sy: "Dis die ou sto­rie, vir me­di­ka­sie om ef­fek­tief te werk, is daar ook ne­we-ef­fek­te om mee re­ke­ning te hou..." Goed wat sy "moet mo­ni­tor, na moet op­let", al­dus haar huis­dok­ter.

Maar toe loop Google sy haar­self nog ban­ger.“As jy kyk na die ne­we-ef­fek­te, dan kies ek eer­der de­pres­sie,” sy lag. Dis nie ‘n vro­li­ke lag nie.

Ek glim­lag maar. Gee haar hand ‘n druk­kie. Ons drink ons cap­puc­ci­nos; ver­an­der die on­der­werp. Kies die mak­li­ker uit­weg.

Dis 10 Ok­to­ber. La­ter lees ek dis Wê­reld Gees­tes­ge­sond­heid­dag. Toe­val?

P­re­sies ‘n jaar ná die ar­bi­tra­sie­ver­hoor om fa­mi­lies van die Li­fe E­si­di­me­ni­slag­of­fers te kom­pen­seer, pu­bli­seer die me­die­se joer­naal The Lan­cet ‘n ver­slag oor wê­reld­wye gees­tes­ge­sond­heid. Hie­rin word die dood van ‘n 140 psi­gi­a­trie­se pa­si­ën­te na­dat hul­le uit Li­fe E­si­di­me­ni oor­ge­plaas is na on­ge­li­sen­sie­ër­de fa­si­li­tei­te van­weë ‘n ge­brek aan be­fond­sing, as ‘n tra­ge­die be­skryf. Die ver­slag on­der­streep dat men­se met gees­tes­on­ge­steld­he­de, skrei­en­de men­se­reg­te­sken­dings ook moet ver­duur.

Vol­gens die ver­slag, styg die voor­koms van gees­tes­on­ge­steld­he­de wê­reld­wyd. In 2030 sal dit die wê­reld­e­ko­no­mie $16 bil­joen kos. Die Wê­reld Ge­sond­heids­or­ga­ni­sa­sie (WGO) sê dat gees­tes­on­ge­steld­he­de, meest­al on­op­ge­merk en on­be­han­deld, reeds op 14-ja­ri­ge ou­der­dom be­gin. Wê­rel­wyd is de­pres­sie die groot­ste oor­saak van ge­sond­heids­kwes­sies on­der a­dol­os­sen­te en die der­de groos­te oor­saak van sterf­tes (per­so­ne tus­sen 15 en 19 jaar oud).

Die South A­fri­can De­pres­si­on and Anx­ie­ty Group (SADAG) sê dat een uit el­ke vyf tie­ners self­moord oor­weeg. Die or­ga­ni­sa­sie is be­kom­merd oor die op­ko­men­de ma­triek- en u­ni­ver­si­teits­ek­sa­mens wan­neer self­moord­po­gings ‘n piek be­reik.

Die Lan­cet-ver­slag stel dit dat gees­tes­ge­sond­heid van­uit ‘n men­se­reg­te per­sprek­tief be­na­der en be­han­del moet word. Ja­re ge­le­de, toe ek nog 7de Laan ge­kyk het, was daar ‘n flam­bo­jan­te ka­rak­ter, Je­ro­me. Hy was nie skaam oor sy ge­moed­stem­ming nie en het al­tyd te­a­traal ge­sê: “Ek is nie ‘n lek­ke ek­ke nie.”

Moe­nie doe­kies om­draai en die kwes­sie van gees­tes­ge­sond­heid van die ta­fel af­vee nie. Dis im­mers o­kay om te sê: "Ek het kan­ker/hoë cho­les­te­rol." Of: "Ek is 'n di­a­beet/MIV-po­si­tief." Hoe­kom geld die­self­de nie vir de­pres­sie nie?

Vra én be­ant­woord die vraag: “Is ek/jy/hy/ sy…’n lek­ke ek­ke?”

Dis deel van ons men­se­reg­te.

* Lees ook Da­ryl Bro­wn se sto­rie I tried to kill my­self - I lost my legs but I gai­ned a new li­fe

Da­ryl het sy be­ne ver­loor ty­dens ‘n self­moord­po­ging, maar is tans be­trok­ke by SADAG.

https://www.he­alth24.com/Me­di­cal/ De­pres­si­on/Re­al-li­fe-sto­ry/i-tried-to-kil­l­m­y­self-i-lost-my-legs-but-i-gai­ned-a-ne­w­li­fe-20181009

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.