Lar­ry van Vuur­en se dui­we is kam­pi­oe­ne

Mossel Bay Advertiser - - Kuns & Vermaak -

Die Di­az All F­lig­ht­klub se dui­we het die af­ge­lo­pe na­week van­af Kop­pies (930km) plaas­ge­vind. Die dui­we het aan twee ope af­de­lings deel­ge­neem en was Sa­ter­dag­og­gend om 06:00 vry­ge­laat. Lar­ry van Vuur­en het sy eer­ste duif om 18:20 ge­klok en ver­o­wer hy met hier­die duif die eer­ste plek­ke in die klub se ope een af­de­ling as­ook die eer­ste plek in die E­den Pos­duif­fe­de­ra­sie. Voor­waar ‘n pres­ta­sie om op trots te wees. In die klub se ope twee af­de­ling be­haal Lar­ry die eer­ste twee plek­ke ge­volg deur Tom en Lou­i­se Swart in die der­de plek. Die dorp­sek­sie se ope een af­de­ling word deur S­mal­ber­ger­hok­ke ge­wen. Tom en Lou­i­se Swart wen die dorp­sek­sie se ope twee af­de­ling. Die af­ge­lo­pe na­week se wed­vlug­te van­af Kop­pies was die laas­te wed­vlug­te vir die 2018 sei­soen en is dit Lar­ry van Vuur­en wat ko­ning­kraai as die Di­az All F­lig­ht­klub se klub­kam­pi­oen vir 2018. Die twee­de plek op die pun­te­leer word in­ge­palm deur Tom en Lou­i­se Swart ge­volg deur S­mal­ber­ger-hok­ke in die der­de plek en R­hyn van Rooy­en in die vier­de plek.

In die klub se dorp­sek­sie af­de­ling is Tom en Lou­i­se Swart die kam­pi­oe­ne vir 2018 ge­volg deur S­mal­ber­ger-hok­ke in die twee­de plek en Al­fie Lad­son in die der­de plek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.