La­er­skool Her­berts­da­le 100 jaar oud

Mossel Bay Advertiser - - Briewe | Letters -

La­er­skool Her­berts­da­le, skryf:

La­er­skool Her­berts­da­le het on­langs hul 100ste be­staans­jaar ge­vier.

Die na­week is af­ge­skop met 'n ken­me­kaar by Jak­kals­vlei pri­vaat wyn­kel­der. Van o­ral oor het oud­hoof­de, on­der­wy­sers en leer­ders ge­kom om hier­die groot myl­paal te vier.

Die aand is ge­ken­merk deur baie ge­sels, staal­tjies wat uit­ge­ruil is en ou ken­nis­se en vrien­de wat lek­ker saam ge­kui­er het.

Daar was ook 'n on­op­hou­de­li­ke stroom van kel­ners wat al­mal se hon­ger­py­ne ge­stil het met bor­de vol snoep­hap­pies of gas­te kon by die brood­ta­fel kies en keur aan 'n ver­skei­den­heid bro­de, vul­sels en sou­tig­he­de.

By hier­die ge­leent­heid is die wyn, wat spe­si­aal deur Jak­kals­vlei vir die s­kool ge­bot­tel is, met 'n spesiale e­ti­ket ter vie­ring van die 100-ja­ri­ge be­staan, be­kend ge­stel. Daar is ook wyn­gla­se met die skool­wa­pen op te koop aan­ge­bied.

Daar is nog van hier­die wyn en gla­se by die s­kool be­skik­baar vir e­ni­ge ie­mand wat be­lang­stel, kon­tak die s­kool vir die no­di­ge in­lig­ting (044 651 1680). Die s­kool wil ook van hier­die ge­leent­heid ge­bruik maak om al­mal wat die na­week moont­lik ge­maak het te be­dank vir hul borg­skap­pe, by­dra­es en har­de werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.