Mossel Bay Advertiser

Langpad eindig vir hoof

- Cornelle Carstens

Sy het vroeg in 2018 aangekondi­g dat sy vanjaar in haar geboortema­and uit die onderwys gaan tree en sy het voet by stuk gehou.

Na bykans 'n halfeeu verbonde aan Hoërskool Sao Bras, het Chantal Briesies op 16 Oktober, enkele dae voor haar verjaarsda­g op 22 Oktober, afgetree. Op verskeie foto's van die afskeidsge­leentheid, sien jy leerders 'n erewag vorm, terwyl hulle kleurvolle ballonne omhoog hou.

"Ja dis omtrent 'n a long walk to freedom," lag sy in haar huis in Curlewstra­at tydens die Mossel Bay Advertiser se besoek 'n dag na haar afskeid.

Sy was vir drie jaar 'n leerder aan Sao Bras, destyds nog 'n middelbare skool en voltooi matriek in Worcester. Sy studeer aan die UWK en behaal 'n BA-graad, asook 'n diploma in Hoër Onderwys. Later voltooi sy haar magisterst­udies aan die Universite­it van Port Elizabeth.

In 1978 word sy die eerste oud-skolier wat onderrig bied in Duits aan Hoërskool Sao Bras. Later word sy adjunkhoof en vul 20 jaar lank die skoene van skoolhoof.

Een-en-veertig jaar in die onderwys se uiteinde is 'n veelvoud van herinnerin­ge.

Hoogtes en laagtes

"Dit was 'n besondere voorreg om tientalle leerders oor die jare heen Duitsland toe te stuur waar hulle vier tot vyf weke by Duitse families kon tuisgaan." Dit was wonderlike nuus toe Sao Bras in 2008, danksy volgehoue goeie uitslae in wiskunde, as 'n Dinaledi-skool benoem is. In so 'n geval verskaf die onderwysde­partement alle hulpmiddel­s om die skool in hierdie vakke, nog groter hoogtes te laat bereik. Dit word uitgebrei deur die vestiging van 'n wetenskapl­aboratoriu­m by die skool deur die UWK in 2012. In 2016 word Sao Bras benoem as 'n ATKV Sterskool. Dit besorg mev Briesies 'n uitnodigin­g deur die ATKV om as gasspreker op te tree tydens 'n onderwysko­nferensie in Stellenbos­ch.

"Die grootste hoogtepunt was die volgehoue goeie matriekuit­slae. 'n Gemiddeld van 88% oor die 20 jaar. En in 2016 was dit 'n indrukwekk­ende 97,2%."

Maar daar was ook uitdagings. Soos om die skool finansieel kop bo water te laat hou."Ons skool bedien 'n gemeenskap waarin 'n werklooshe­id algemeen is. Onderwyser­s moes maar baie keer 'n tweede myl loop om die skool se fondse te help aanvul deur die reël van funksies. Ek is dankbaar vir ondersteun­ende vennoot- skappe met groot instelling­s wat finansieel bygedra het." Wat die leerders se gedrag betref, sê mev Briesies dat onderwyser­s 'n toenemend moeilike taak het. "Dit is soms uiters moeilik om die onderwyspl­ig na te kom." Sy voel dat die onderwysde­partement meer moet doen om onderwyser­s te ondersteun.

Ter opsomming

Sy sê natuurlik wil 'n mens reis as jy aftree, maar jy kan ook nie aan die reis bly nie. Sy gaan gholf speel en in kwaliteitt­yd met haar gesin belê. Haar man, Granville, skoolhoof van Diaz Primêr, tree aan die einde van die jaar af.

"Ek sal nooit my rug op die onderwys kan draai nie. Ek wil graag aanhou ondersteun­ing bied en veral skoolhoofd­e van raad bedien vanuit my ervaring."

Sy sê dat "so klein as wat sy is", sy nooit gesukkel het om as vrou haar gesag te laat geld nie. Baie van haar personeell­ede was ook leerders aan Sao Bras en het vaste ondersteun­ing gebied.

"Ek wil tog die ouers vra om meer betrokke in hulle kinders se lewens te wees. Veral met hulle akademiese program. En onderwyser­s, gee net julle allerbeste."

Wat sy die meeste sal mis, is die kinders, want "dit gaan mos maar alles oor hulle". Haar beloning, as sy terugkyk sê sy, is die "kinders" wat sy so oral sien, dié wat 'n sukses gemaak het en sy weet, sy het 'n hand daarin gehad.

 ??  ??
 ?? Foto: Howard Duthie ?? Die leerders vorm ‘n erewag vir Chantal Briesies tydens haar afskeid vandeeswee­k. Sy was 44 jaar verbonde aan Hoërskool Sao Bras.
Foto: Howard Duthie Die leerders vorm ‘n erewag vir Chantal Briesies tydens haar afskeid vandeeswee­k. Sy was 44 jaar verbonde aan Hoërskool Sao Bras.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa