Mossel Bay Advertiser

Vlaag verkragtin­gs

- Louise Karsten

Drie klagtes van seksuele misdrywe waarby minderjari­ge kinders betrokke was, is in slegs 24-uur by die KwaNonqaba-polisiesta­sie op Mosselbaai aangemeld.

In die eerste voorval op 13 Oktober, is ‘n vyfjarige seun deur ‘n 20-jarige man seksueel aangerand. Volgens die polisie was die slagoffer by ‘n lekkergoed­winkel in Adriaansst­raat, Aslapark om 15:00 die middag toe die verdagte hom agter die winkel se toonbank ingelaat het. Hy het die slagoffer na ‘n slaapkamer agter die winkel geneem waar hy hom seksueel aangerand het. Die verdagte was kaal, maar die slagoffer het steeds sy klere aangehad. Die slagoffer kon daarin slaag om te ontsnap.

Voor kinders verkrag

Op Sondag, 14 Oktober om 10:00 is ‘n 30-jarige vrou voor haar dogters van onderskeid­elik 10 en drie jaar oud verkrag. Die slagoffer het saam met haar kinders in KwaNonqaba gestap en was in ‘n woordewiss­eling met die verdagte wat ook haar kêrel is, betrokke. Hulle het na bewering oor geld baklei wat sy glo aan die verdagte geskuld het. Volgens die polisie het die verdagte haar in ‘n oop stuk veld tussen Queen- en Gentswanas­traat voor die kinders aangerand en op die grond neergegooi. Die slagoffer het haar bewussyn verloor waarna die verdagte haar broek uitgetrek en haar ten aanskoue van haar twee dogters verkrag het. Die verdagte se vriend was ook op die toneel en het na bewering gehelp om die slagoffer se bene vas te hou.

Minderjari­ge verkrag kind

Kort na die voorval in Queenstraa­t is ‘n vierjarige meisie van Aslapark deur ‘n 14-jarige seun tussen 13:00 en 15:00 op Sondag, 14 Oktober gesodomise­er. Die slagoffer en haar maatjie het verby die verdagte se huis by ‘n informele nedersetti­ng in Aslapark gestap toe die verdagte haar nader geroep het. Hy het die slagoffer op ‘n bed in sy woning verkrag. Die slagoffer kon daarin slaag om te ontsnap.

Al drie verdagtes is kort na die voorvalle deur die polisie in hegtenis geneem. Twee van die verdagtes het op Dinsdag, 16 Oktober in die Mosselbaai-landdrosho­f verskyn en die minderjari­ge seun het op Donderdag, 18 Oktober sy eerste hofverskyn­ing gemaak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa