Mossel Bay Advertiser

Rower val vrou aan met vurk, byt oor

- Cornelle Carstens

Die 56-jarige bestuurder van 'n gastehuis in Hartenbos is erg getraumati­seer nadat sy Saterdagmi­ddag, 13 Oktober omstreeks 16:30 deur 'n onbekende man verskeie steekwonde toegedien en ook aan die oor gebyt is tydens 'n huisroofto­g.

Volgens die Da Gamaskop-polisie se kommunikas­iebeampte, kapt Wollie Fourie woon die vrou in 'n woonstel op die perseel. Sy was glo ten tye van die vooval by haar rekenaar besig toe sy die verdagte man gewaar wat toegang tot haar woonstel verkry het. Die vrou het die verdagte man glo by die deur probeer uitstamp en hom sodoende probeer uitsluit. 'n Struweling het ontstaan waartydens die verdagte haar herhaaldel­ik met 'n vurk gesteek het. Volgens inligting het die man die vurk saam met hom na die perseel gebring. Hy het ook haar regteroor bykans afgebyt.

Die verdagte het op die vlug geslaan met 'n kontantbed­rag, die vrou se handsak, selfoon en beursie.

Die getraumati­seerde vrou het hierna haar suster gebel. Die polisie asook die buurtwag is geaktiveer.

Buurtwag geaktiveer

Volgens Tertius

Nothnagel van die Hartenbos-buurtwag is hulle noodplan dadelik geaktiveer. Hy is na die vrou se woonstel waar hy 'n beskrywing van die beskuldigd­e gekry en dit dadelik aan die buurtwag gesirkulee­r het. "Ek was nogal geskok toe ek sien hoe sleg die vrou lyk. Sy was bedek met bloed."

Nothnagel sê dat ongeveer 20 buurtwagle­de aktief na die verdagte gesoek het nadat hulle bepaalde bekende ontvlugtin­gsroetes beveilig het. Lede van die Bayview-buurtwag het 'n man wat aan die beskrywing voldoen ongeveer 'n uur later op die strand tussen Hartenbos en Bayview, onderweg na Mosselbaai, gearrestee­r. Die 32-jarige verdagte is aan lede van die Langeberg K9 hondeeenhe­id oorhandig.

Volgens Pieter de Villiers van die Bayviewbuu­rtwag het die verdagte nie weerstand gebied tydens arres nie.

Na bewering was daar bloed op sy hande sigbaar. Die verdagte is glo ook tydens die struweling lig beseer.

Die verdagte het reeds in die Mosselbaai­landdrosho­f verskyn en bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyn­ing op 24 Oktober.

Kaptein Fourie het die buurtwag geloof vir hulle goeie werk en ook gesê dat dit weer eens bewys lewer van die effektiwit­eit van 'n aktiewe buurtwag.

"Dit is kommerwekk­end dat hierdie tipe misdaad helderoord­ag voorkom. Die publiek moet asseblief nie dink omdat dit daglig is, dat waaksaamhe­id verslap kan word nie. Moenie deure ongesluit laat nie. Selfs as jy in die tuin werk, moenie 'n kans waag en die deur na jou woning ooplos nie."

'n Saak van huisroof word deur ao Richard van Eyck van die Da Gamaskop-polisie se speurafdel­ing ondersoek.

Tydens die struweling het die verdagte die vrou herhaaldel­ik met die vurk gesteek. Hy het ook haar regteroor bykans afgebyt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa