Mossel Bay Advertiser

Paartjie slagoffers van rooftog

- Cornelle Carstens

"Ek het nooit gedink so iets sal met ons gebeur nie," vertel die 28-jarige slagoffer van 'n huisroofto­g in Curlewstra­at, D'Almeida. 'n Paartjie in hulle laat twintigs is in die vroeë oggendure op 6 Oktober met hulle tuiskoms deur twee gewapende mans beroof. Hulle het die aand by 'n werkskolle­ga gekuier.

"Ons het niks vreemd in die omgewing gesien nie, maar meteens was die twee mans net daar. Hulle het mussies opgehad, elkeen met 'n mes wat hulle so voor hulle gesigte hou."

Sy 27-jarige vrou was ongeveer 15m ver van hom af weg, reeds op pad na die huis se kant toe en hy was besig om die garage te sluit toe die verdagtes hulle oorval.

"My vrou het haar handsak gebruik om te keer en gesien die man se oë bly net op die sak. Toe gooi sy dit 'n ent van haar af weg en sê eers vir die man in Afrikaans 'vat die sak en gaan', maar toe hy blyk nie te verstaan nie het sy dit in Engels herhaal. Toe gryp hy die sak." Sy vrou het haar enkel in die proses sleg verstuit.

"Die ander man was nog steeds by my. Ek het oor die lae tuinmuurtj­ie gestruikel en geval. Toe dit lyk nes of die man my wil steek met die mes, toe gil my vrou."

'n Buurvrou het van die geraas wakker geword, waarna die verdagtes weggehardl­oop het. Hy het kon nie dadelik op die polisie se nommer kom nie. "Ek moes eers die nommer Google."

"Ons gaan nie eintlik uit nie. My kollega het ook gevra dat ons ons 4-jarige seuntjie saambring, maar ons het hom elders by sy ouma gelos vir die aand. Ek is baie bly hy het dit nie alles beleef nie."

Sy raad aan ander na aanleiding van die voorval is: "As jy genooi word na 'n funksie en jy weet jy gaan laat tuiskom, sorg dalk maar dat jy pepersproe­i byderhand het net vir ingeval en wees baie waaksaam.

'n Saak van gewapende roof word ondersoek deur ao Arleen Stokes van die Da Gamaskop-polisie se speurafdel­ing.

Kontaknomm­ers

Da Gamaskop-dienssentr­um: 044 606 2200 Sektor 1-bevelvoerd­er: kst Ludumo Dyasi (082 778 7308)

Sektor 1-voertuig: 082 379 3451 Sektor 2-bevelvoerd­er: ao Hein Meyer (079 894 1647)

Sektor 2-voertuig: 082 379 2449 Landelike sektor: ao Pierre Botha (079 879 9093)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa