Mossel Bay Advertiser

‘Maak beste van laaste skooleksam­en’

- Nickey le Roux

"Op een of ander tyd kom elkeen van ons voor 'n keuse wat lewensnood­saaklik is en ons lewenspad kan verander. Julle, die matriekkla­s van 2018 is tans weens die naderende matriek-eindeksame­n voor so 'n keuse," sê Mosselbaai se uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer

Harry Levendal.

"Ons besef die senuwees knaag. Ons as volwassene­s was ook daar deur. Ons weet daar is heelwat druk en verwagting­e, daar is familie- en ouertrots. Watter ouer en familielid sal dan nie trots wees op 'n leerder wat die eksamen suksesvol aflê nie?

"Tóg, besef altyd dat jy die laaste eksamen van jou skoolloopb­aan, jou matriekeks­amen vir die beswil van jou eie toekoms aflê. Sê dit vir jouself in die spieël - omdat jy trots op jouself is, omdat jy respek vir jouself het, omdat jy weet dat matriek die begin van iets groots vir jouself is.

Besef dat jy alles moet insit terwyl daar genoeg tyd is om niemand anders as net jouself tevrede te stel nie. Elke opoffering is 'n stap wat jou toekoms sal vorm.

Namens die Mosselbaai munisipale raad wens ek elke matrikulan­t sterkte en gerusstell­ing toe. Elkeen van julle is van die bestes wat getaak is deur jul eksamenuit­slae ons dorp se naam hoog te hou.

"Leer dit, onthou dit, geniet dit en skryf dit, want jy het dit."

 ?? Foto: Nickey le Roux ?? Mosselbaai se uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal.
Foto: Nickey le Roux Mosselbaai se uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa