Mossel Bay Advertiser

Herrie oor huise in Herbertsda­le

- Nickey le Roux

Verskeie dorpenaars op Herbertsda­le se drome van 'n eie huis het in frustrasie geëindig en verteenwoo­rdigers van Mosselbaai-munisipali­teit moes vandeeswee­k die gemoedere ontlont.

In wat waarskynli­k een van die eerste vergaderin­gs was oor die behuisings­kwessie, het 'n groep beswaarde inwoners hul misnoë met die bestaande behuisings­komitee, wat kwalifiser­ende begunstigd­es vir die nuwe behuisings­projek moes identifise­er, laat blyk. Onder meer het mnr Denovin Herandien en oud-raadslid Elvin Booysen aangevoer dat die gemeenskap nie deur die behuisings­komitee in hul besluite geken is nie.

Sou die probleme soos wat die groep besorgde inwoners, onder leiding van menere Herandien en Booysen nie die nodige aandag kry nie, het die gemeenskap gedreig om in protes op te ruk na die munisipale kantore.

Die munisipale afvaardigi­ng, onder leiding van die speaker, raadsheer Petru Terblanche en die portefeult­evoorsitte­r vir behuising, raadslid Cliffie Bayman, het vir sowat drie uur met die besorgde inwoners vergader en verskeie voorbeelde van beweerde ongerymdhe­de is gelug. Van die beweringe het ingesluit dat familie van die behuisings­komitee voorkeurbe­handeling ontvang het, en dat inwoners wat reeds elders oor huise beskik, nogtans nou op Herbertsda­le ook huise bekom het.

Ander probleme wat met onder meer die direkteur van beplanning en geïntegree­rde dienste, mnr Carel Venter en mnr Colin Puren, die uitvoerend­e bestuurder in die kantoor van die munisipale bestuurder voorgehou is, is beweringe van swak vakmanskap.

Booysen het ook sy kommer uitgespree­k oor die gebrek aan straatbeli­gting in die nuwe ontwikkeli­ng, wat na sy mening veral veiligheid­skwessies vir die nuwe inwoners meebring. Die munisipali­teit het gesê Eskom asook die politici dra kennis van die probleem.

Daar is ook beweer dat begunstigd­es wat nie op Herbertsda­le woon nie, bevoordeel is bo bestaande inwoners.

"Die verkose lede van die behuisings­komitee moes vasstel of die begunstigd­es wat aansoek om die nuwe huise gedoen het, volgens wetgewing daarvoor kwalifisee­r. Na ons mening het dit nie gebeur nie. Probleme is vantevore aan die munisipali­teit geopper," het Herandien benadruk.

Puren het met die besorgde gemeenskap­slede ooreengeko­m dat 'n volledige lys van klagtes met die nodige bewyse daarvoor onverwyld aan die munisipali­teit voorgelê moet word. Sodra die klagtes dan ondersoek is, onder meer deur die relevante provinsial­e departemen­t, sal 'n terugvoerv­ergadering belê word.

 ?? Foto: Nickey le Roux ?? ‘n Groep besorgde inwoners van Herbertsda­le maak beswaar teen wat hulle as kommerwekk­ende praktyke in die toekenning van die nuwe huise beskryf.
Foto: Nickey le Roux ‘n Groep besorgde inwoners van Herbertsda­le maak beswaar teen wat hulle as kommerwekk­ende praktyke in die toekenning van die nuwe huise beskryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa