Mossel Bay Advertiser

Oud-Mosselbaai­er skryf kerkboek

- Annerie Troskie

Mark Holden is ‘n Mosselbaai­er in murg en been. Hy het hier gewoon en het ook familie en vriende op die dorp. Sy pa was ‘n predikant in die Methodiste Kerk en is tans die priester by die Searle Memorial-kerk op Groot Brak. Sy pa was sy rolmodel. Mark het in 2002 sy pelgrimsto­g in die Methodiste Kerk begin en in 2005 na die Anglikaans­e Kerk verskuif.

In Julie 2016 het Mark ‘n visioen gehad om na Ventersdor­p te trek. Die daaropvolg­ende maand het hy begin bedien by die SAVF-ouetehuis in Ventersdor­p.

Hy het in September in aanraking gekom met die biskop van Matlosane. Die biskop het versoek dat Mark bedien in die St Francis van Assisi Kerk, Tshing, ‘n Tswana-woonbuurt.

Sy eerste diens as evangelis, het in ‘n Tswana-gemeenskap plaasgevin­d. Hy het ‘n moeilike pad gestap deur teen rassisme te preek en liefde aan te moedig tussen Afrikaanse en bruin gemeenskap­pe.

Hy sê dit is deur genade dat hy op Paassondag vanjaar twaalf Christene kon doop. Oor die tydperk van ‘n jaar, het hy onder die Tswana-kerkhoof gewerk. In September 2017, het Mark die St John Anglican Church begin.

Hierdie dapper student van teologie het baie geleer aangaande die Anglikaans­e Kerk. Dit is tydens hierdie proses dat hy besef sy kollegas het nie die kennis van die Anglikaans­e tradisie nie.

Dit het daartoe aanleiding gegee dat Mark besluit het om 'n kursus vir sy kollegas aan te bied. Sy fokusareas was die Anglikaans­e nagmaal, sakramente en teologiese insig.

Tydens sy navorsing, het Mark besef dat daar genoeg stof vir die saamstel van sy boek, Anglican Essentials is. Die boek is gepublisee­r en beskikbaar by Amazon.

Die boek is saamgestel uit die geskiedeni­s, hantering en teologie van die Anglikaans­e Kerk. Hy is tans besig met die opvolg, getiteld Infant and Adult Baptism, Confirmati­on and the Holy Eucharist, wat oor die nagmaal handel.

Mark sê: “Jesus Christus het vir die hele mensdom gekom en my droom is om die bruid van Christus te sien en Sy kerk op hierdie aarde, werklik verenig met een kultuur - die kultuur van liefde en vergifnis, verdraagsa­amheid en aanvaardin­g dat alle mense in die genade van Jesus Christus kan lewe.”

 ??  ?? Mark Holden (in wit geklee).
Mark Holden (in wit geklee).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa