Mossel Bay Advertiser

R102 se opgraderin­g laat vrae onbeantwoo­rd

-

Rensen van Reebok, skryf:

Die onlangse berig oor die herbou van die R102 vertel ons niks wat ons nie reeds weet en laat talle vrae onbeantwoo­rd.

Volgens die raadgewend­e ingenieurs se verslag, uitgereik in ongeveer April, se voltooiing­sdatums sou die deel tussen Klein-Brakrivier en Tergniet, Desember vanjaar voltooi wees. Verder sou die deel tussen Tergniet en Groot-Brakrivier ook Desember voltooi wees. Hierdie deel dra die meeste verkeer en het gewoonlik die meeste slaggate gehad en mens sou dink dat dit voorkeur sou geniet, veral omdat die besighede by De Dekke baie skade ly as gevolg van die padwerke en inwoners die winkels daar vermy.

Nadat begin is met die projek was dit gou duidelik dat dit ’n fout was om tegelyk aan al die dele te begin werk en dat die kontrakteu­r nie die kapasiteit het om oral te werk nie en dat die voltooiing­sdatums nie gehaal gaan word nie.

Mens sou ook verwag dat daar oor naweke gewerk word om die agterstand in te haal, maar dit gebeur nie. Kan ons ’n beter verslag publiseer kry sodat ons weet hoe lank ons nog verontrief gaan word deur die padwerke en waarom die aanvanklik­e voltooiing­sdatums nie gehaal gaan word nie?

Die redakteur, skryf:

Die Mossel Bay Advertiser het verskeie vrae oor die vordering van die projek aan die relevante instansies en persone gestuur en wag nog op kommentaar in die verband. Sodra dit ontvang is, sal 'n volgende berig geplaas word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa