Mossel Bay Advertiser

Opregte liefdevoll­e gebaar

-

Wilna Meyer van Mosselbaai, skryf:

Een mooi Saterdagog­gend sit ek, met my pakkies op my skoot, in my rolstoel voor Checkers in die Mosselbaai Mall.

'n Effens geniepsige windjie waai deur my lang wit hare. 'n Vreemde figuur buig onverwags oor my. In sy growwe hand hou hy 'n bossie met vyf speldekuss­ings netjies in deurskynen­de sellofaan toegevou. 'n Raffiastri­kkie hou alles netjies bymekaar. Hy gee dit vir my. “Môre Oumatjie,” groet hy, tot my groot verbasing.

“Nee wag,” sê ek onseker vir die vreemde swart man. “Dis mooi, maar hiervoor moet ek jou betaal.” Hy lag vriendelik, innemend. “Nee, Oumatjie dit is vir jou. Met liefde.” “Maar ek verstaan nie mooi nie ... ek ...”

“Oumatjie, dit is vir jou om jou dag mooi te maak.” Sy vriendelik­e oë lag vol eenvoud en eerlikheid. Ek kyk weer na die man en voel heeltemal onseker.

Hy lag. In sy mond makeer ‘n hele paar tande. Sy gesig het sagte plooie. Ek kan nie anders nie en lig my arms op. Soos hy na my gekom het, so steek ek my arms uit en hou hom 'n oomblik naby my.

Dan stap die lang, swart man met sy eenvoudige swart sweetpak van my af weg. Ek weet dat hier 'n wonderwerk met my gebeur het. Dit is waar. Dit het werklik gebeur. Ek hoop dat die van julle wat dit lees dieselfde vreugde en waardering sal ervaar as wat die onbekende man vir my gebring het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa