Mossel Bay Advertiser

Sages besoek Boggomsbaa­i

- Marius Loubser

Die Suid-Kaap Sagesbeweg­ing het êrens 'n raakpunt gekry in hul byeenkomst­e, want die spelers daag in groot getalle op.

As 'n mens luister hoe lekker daar oor en weer gekuier word voor en na die kompetisie­s, kan die gevolgtrek­king gemaak word dat die spelers tevrede is met die Sagesopset.

Op Dinsdag, 9 Oktober het 47 spelers op Boggomsbaa­i saamgetrek.

Die formaat van die dag se spel was 'n vierbal-alliansie, met twee tellings op al die syfer 4's, drie op die syfer 5's en al vier tellings op die syfer 3's.

Glad nie 'n maklike formaat as 'n mens die ruveld met sy welige gras op Boggomsbaa­i in ag neem nie. Maar dit het die twee oudste deelnemers, George Sadowski (88) en Pieter Vaughan (86), glad nie gepla nie en hulle teken 'n astronomie­se 119 punte saam met hul twee medespeler­s aan.

Die volledige uitslag wis as volg:

1. George Sadowski en Pieter Vaughan ( Mosselbaai), Davy Roberts en Denzil Geldenhuys (Riversdal) 119

2. Willem du Plessis (Boggomsbaa­i), Wessel de Bruyn en Johan Swart (Stilbaai) plus 'n spookmaat 107

3. Grove Koch en Walter Diedericks (Riversdal), Cassie Swanepoel en Marius Loubser (Boggomsbaa­i) 106

4. Van le Roux en Fred Bull (Mosselbaai), Jannie Goosen en Colin Sharwood (Riversdal) 102

5. Paul de Villiers en Charl du Randt (Riversdal), Bill Hart en Barend van den Berg (Stilbaai) 99

Die naaste aan die penne, soos altyd geborg deur Anton Swart se JC Slagtery van Riversdal, is gewen deur Charl du Randt op 6/15 en Willem Huisamen (Heidelberg) op 9/18.

Daar bly nog twee Sageskompe­tisies oor vir 2018: die 4BB op Riversdal op 6 November om die Hennie Huyser-trofee en die IPS op Stilbaai op 27 November om die Bertus Louw-trofee. Laasgenoem­de val ook saam met die algemene jaarvergad­ering van die Suid-Kaap Sages en 'n lekker afsluiting­sonthaal vir al die spelers.

 ??  ?? Sages-wenners op Boggomsbaa­i: George Sadowski, Pieter Vaughan, Denzil Geldenhuys en Davy Roberts (1ste) en Johan Swart, Willem du Plessis en Wessel de Bruyn (2de). Agter is Grove Koch, voorsitter van die Suid-Kaap Sages.
Sages-wenners op Boggomsbaa­i: George Sadowski, Pieter Vaughan, Denzil Geldenhuys en Davy Roberts (1ste) en Johan Swart, Willem du Plessis en Wessel de Bruyn (2de). Agter is Grove Koch, voorsitter van die Suid-Kaap Sages.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa