Mossel Bay Advertiser

Skippie ‘n ware ambassadeu­r

- Gholfer

'n Totaal van het 124 spelers het op Woensdag, 10 Oktober aan die individuel­e stableford­kompetisie deelgeneem. In die A-afdeling was daar ‘n fel stryd tussen Waldo Vorster en Hilton Duminy wat albei 43 punte aangeteken het. Waldo het na die uittelpros­es die louere ingeoes. Die gryse, wyse Anton Izaakse het in die B-afdeling sy teenstande­rs maklik getroef met ‘n stewige 40 punte op sy telkaart. Die bestendige, entoesiast­iese, Gert Pieterse, was weer eens te goed vir sy moedige teenstande­rs in die C-afdeling en op 38 punte het hy die rooi tapyt betree.

Die volgende pryswenner­s het ook uitstekend­e tellings aangeteken: H Duminy (43 punte), T Scheepers (42 punte), F Jonck (41 punte), C Kaptein (40 punte) en C Zietsman (39 punte).

Saterdag

Die stormwindt­oestande het Saterdag, 13 Oktober slegs 76 moedige spelers gelok. Louis Botha se 38 punte in die individuel­e stableford­kompetisie was uitstekend. Gert Pieterse het ook 38 punte aangeteken, maar het na die uittel die onderspit gedelf. Wessel Brand is deesdae ook weer aan die brand en op 36 punte het hy derde geëindig. Hester de Jager het ook die erge wind baasgeraak en op 35 punte vierde geëindig.

As jy na ware ambassadeu­rs vir Mosselbaai-gholfklub soek, troon Skippie Scheepers en sy toermanne loshande by die meeste klubs in die land uit.

Skippie het in 1998 die eerste toer Kaap toe gereël en vanjaar was dit die 21ste agtereenvo­lgende toer. Hierdie groep het nie net baie vriende by gholfklubs gemaak nie, maar ook verseker dat baie van die klubs wat besoek is, deeglik van Mosselbaai-gholfklub bewus gemaak is en vele toergroepe vanuit die Kaap het deur die jare hier kom afsaal.

'Greenkeepe­r’s Revenge'

Spelers moet solank hulle vernuftige spelers bymekaarma­ak, want Woensdag, 24 Oktober kry die baanbestuu­rder, Albertyn Sauerman, geleenthei­d om bietjie wraak te neem op almal wat nie altyd hulle harde werk waardeer nie. Die Greenkeepe­r’s Revenge sal ‘n vierbal alliansie-formaat aanneem en baie pret, lag, plesier en ‘n bietjie frustrasie word in die vooruitsig gestel.

 ??  ?? Skippie Scheepers (toerstigte­r), Nico Pienaar (21 toere), Jannie Lourens (21 toere) en Barry Vermeulen (15 toere).
Skippie Scheepers (toerstigte­r), Nico Pienaar (21 toere), Jannie Lourens (21 toere) en Barry Vermeulen (15 toere).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa