Mossel Bay Advertiser

Puik jaar vir haker

- Cornelle Carstens

Dan Jooste, haker vir onder meer die junior Springbokk­e het 'n skitter rugbyseiso­en beleef. Hy het in Junie vanjaar Suid-Afrika verteenwoo­rdig by die o/20 Wêreldkamp­ioenskap wat in Frankryk plaasgevin­d het. Die junior Springbokk­e het tweede in die kompetisie geëindig, nadat hulle met 'n enkele punt teen 'n gedugte Engelse span verloor het. Dan het behoorlik sy staal gewys, deur in die eindstryd te speel met geskeurde ribkraakbe­en.

Vir dié jong Bokke was om hulle aartsvyand­e, die Nieu-Seelandse span te klop so goed soos om gou te wen, is by wonde van Dan se trotse pa, David, na afloop van die kampioensk­ap in die Mossel Bay Advertiser berig (Hakers maak Mosselbaai trots, 22 Junie 2018).

Kort hierna, is Dan se span van die Universite­it Stellenbos­ch bekroon as die wenners van die SA Universite­itskampioe­nskap.

Dan sluit sy suksesvoll­e jaar af met 'n spogtitel nadat hy benoem is as Maties se Junior rugbyspele­r vir 2018 tydens 'n spoggeleen­theid verlede Vrydag, 12 Oktober. Al die junior Springbokk­e verbonde aan die Universite­it Stellenbos­ch het ook hulle volle universite­itskleure ontvang. Dan was voorheen 'n leerder aan beide Milkwood Primary en Laerskool Park. Hierna was hy by Hoër Landbousko­ol Oakdale en het matriek voltooi aan die Hoër Jongenskoo­l Paarl.

 ??  ??
 ??  ?? Oud-Mosselbaai­er Dan Jooste (tweede van regs), is aangewys as Maties se Junior rugbyspele­r van 2018.
Oud-Mosselbaai­er Dan Jooste (tweede van regs), is aangewys as Maties se Junior rugbyspele­r van 2018.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa