Mossel Bay Advertiser

99 kersies vir Myra

- Foto's: Cornelle Carstens

Tannie Myra Naude het 'n vrolike partytjie gehad toe sy op Vrydag, 19 Oktober haar 99ste verjaarsda­g gevier het. Getooi in sagte pers, het dié oud-inwoner van De Doorns van oor tot oor geglimlag soos die gaste opgedaag het by die Groenkloof-aftreeoord in GrootBrakr­ivier om haar geluk te wens met die mylpaal.

Versekie raadslede onder meer die onderburge­meester, raadslid Dirk Kotzé, die speaker van die Mosselbaai munisipale raad, raadsheer Petru Terblanche en raadslid Annatjie Janse van Rensburg, het die gesellighe­id bygewoon. Tannie Myra het sommer maklik ingestem vir die fotonemery en het ewe skertsend gesê sy het in 1938 laas in die koerant verskyn. Haar seun, dogter en skoonseun en skoondogte­r het die aftreeoord bedank vir hulle besonderse versorging.

 ??  ?? Erina Smit oorhandig die verjaarsda­gkoek aan haar ma, Myra Naude.
Erina Smit oorhandig die verjaarsda­gkoek aan haar ma, Myra Naude.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa