Mossel Bay Advertiser

Plaaslike sakevrou skitter weer

-

Lorette Grobbelaar, bestuurder van Oliver Bande Mosselbaai en mede-eienaar van Supa Quick het die afgelope naweek ‘n besondere prestasie behaal.

In 2015 is sy aangewys as die South African Council for Business Women (SACBW) se sakevrou van die jaar in die korporatie­we afdeling.

Vroeër vanjaar het die organisasi­e Lorette genader om weer deel te neem, maar hierdie keer was die speelveld heelwat groter. Lorette moes meeding teen al die wenners van vorige jare.

Hierdie unieke kompetisie is geloods as deel van die viering van die 30ste bestaansja­ar van SACBW. Die organisasi­e is passievol oor die ontwikkeli­ng en bemagtigin­g van vroue in Suid-Afrika.

Deelnemers moes ‘n kort videovoorl­egging doen om aan die beoordelaa­rs te verduideli­k hoe hulle ontwikkel en gegroei het sedert hulle die kompetisie gewen het.

Lorette sê sy het aanvanklik getwyfel of sy moes inskryf, omdat sy opgesien teen die onbekende ervaring om voor die videokamer­a te wees.

Haar aanvanklik­e onwillighe­id ten spyt, is Lorette op 20 Oktober, tydens ‘n prestige gala-geleenthei­d in Pretoria as wenner van haar kategorie aangewys.

Lorette se video dra ‘n belangrike boodskap oor, nie net aan vroue in die sakewêreld nie, maar aan elke ervare persoon wat ‘n rolmodel vir ‘n jonger persoon is.

Hoe lyk die spore wat jy trap?

“Wat sal jý doen as jy in die middel van die nag ‘n oproep kry wat jou hele wêreld eensklaps tot stilstand ruk?”

Lorette vertel hoe sy vir baie jare lank net een voet voor die ander gesit het sonder om baie te dink oor wat sy doen of waarheen haar spore dalk lei. Toe haar man oorlede is na ‘n klein “roetine-operasie”, het dit vir haar gevoel of haar wêreld tot stilstand ruk.

Met besighede om te bestuur en twee jong seuns om groot te maak, sou dit seker te verstane wees as sy soos ‘n slagoffer gevoel het en wou wegkruip.

Lorette erken dat daar baie dae was wat sy wel gevoel het om dit te doen.

Sy sê, “Maar dan kom daar keuses na jou kant. Jy kyk na links en regs en moet besluit op watter paadjie jy gaan loop. Waarheen gaan jou spore lei?”

Om in vandag se omstandigh­ede aan die stuur van besighede te staa, is ‘n groot uitdaging.

Lorette sê dat sy altyd steun op die goeie raad wat sy van haar mentors ontvang het wanneer dit voel of dinge te erg raak. Soos dié van wyle Oom Piet Snyman, die stigter en eienaar van die Oliver Groep. Wanneer sy ‘n krisis oor die telefoon met hom gedeel het, sou hy altyd sê, “Raak net eers rustig, dan neem jy beter besluite.”

Eendag, toe sy werklik raadop was, het hy vir haar gesê, “Loop altyd terug op die spore wat vir jou gewerk het.”

Haar eie pa, wat jare gelede oorlede is, het haar gereeld herinner, “Sussie, daar is nie iets soos ‘n hopelose situasie nie – daar is net hooplose mense.”

‘Gryp geleenthed­e aan’

Lorette sê sy is baie bly dat sy in 2015 haar moed bymekaarge­skraap het om aan die kompetisie deel te neem.

Dit het baie nuwe deure vir haar oopgemaak.

Oliver Bande is in 2015 en weer in 2017 deur die Mosselbaai Besigheids­kamer as die besigheid van die jaar aangewys. Mosselbaai Toerisme het ‘n 2015 ‘n toekenning vir uitenemend­e diens aan die besigheid gemaak.

Lorette word gereeld genooi om as spreker by verskeie geleenthed­e op te tree.

In 2016 het Oliver ook ‘n meganiese werkswinke­l aangebou en drie maande gelede ‘n koffiewink­el op die perseel geopen.

Sy sê sy hoop dat sy nog vir baie jare die geleenthei­d sal hê om ander vroue in Suid-Afrika aan te moedig om diep spore te trap op hulle spesialisg­ebied.

“As jy in ‘n posisie is waar opkomende leiers jou dophou, moet jy seker maak jou spore lei na ‘n goeie plek. Gryp die geleenthed­e aan wat oor jou pad kom.”

Lorette se volledige video kan

‘Sussie, daar is nie iets soos ‘n hopelose situasie nie – daar is net hooplose mense.’

gesien word op YouTube deur Lorette Grobbelaar SACBW Winner op jou Google-soekenjin in te tik, of jy kan die skakel https://www.youtube.com/

 ??  ?? Lorette Grobbelaar
Lorette Grobbelaar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa