Rock-groep gooi kol­lig op de­pres­sie

Mossel Bay Advertiser - - News - Cor­nel­le Car­stens

Die plaas­li­ke rock­groep, Van Ko­nings se jong­ste mu­siek­vi­deo, Bloss­oms Bloom, is van­dees­week vry­ge­stel. Die groep se vo­ri­ge t­wee mu­siek­vi­de­os, ook ver­film en ge­re­di­geer deur Ge­or­ge He­rald­joer­na­lis, Wes­sel van Heer­den, han­del on­der­skei­de­lik oor ‘n spro­kies­troue en ‘n jong man wat sy koers ef­fe bys­ter ge­raak het maar uit­ein­de­lik weer sy pad vind.

Soos voor­heen be­rig, meen die Van Ko­nings se san­ger en lied­jie­skry­wer, Le­on van Rens­burg dat hul­le mu­siek ten doel het om die die­per din­ge in die le­we aan te spreek.

So is dit ook die ge­val met hul­le jong­ste aan­bie­ding, wat han­del oor de­pres­sie. Die lied is op­ge­dra aan ‘n vrou wat t­wee seuns aan self­dood ver­loor het.

“Ek het die ge­sin, ou­dMos­sel­baai­ers, ge­ken. Een van die seuns was ‘n ruk saam met my op skool en die jong­ste boe­tie, het la­ter vir my ge­werk in sei­soen­tyd toe ek nog surf­sko­le ge­hou het. Ons het al­mal saam ge­surf. Hul­le was ag­ter­me­kaar­ou­ens,” ver­tel Le­on.

Bloss­oms Bloom is ge­skryf na­dat Le­on die jong­ste broer se be­graf­nis by­ge­woon het, on­ge­veer 12 jaar ge­le­de.

Hy sê dat die ma se ver­driet as ge­volg van die ver­lies van haar seuns hom ja­re­lank al by­bly en dit is waar­om die lied­jie nou uit­ein­de­lik as mu­siek­vi­deo die lig ge­sien het.

Na ‘n groot soek­tog, het hy die seuns se ma op­ge­spoor in die Oos-Kaap en haar ver­tel van Van Ko­nings se mu­siek­vi­deo-op­na­me.

Le­on meen die lied het ten doel om die stig­ma rond­om de­pres­sie aan te spreek.

“Men­se moet be­sef dat hul­le hul per­sep­sies oor de­pres­sie en self­dood moet ver­an­der. “De­pres­sie is ‘n siek­te en mens moet be­han­de­ling daar­voor kry, an­der kan dit jou dood­maak - soos met e­ni­ge an­der siek­te­toe­stand.

“De­pres­sie­ly­ers moet hulp en be­han­de­ling kry.”

Nog ‘n be­lang­ri­ke as­pek wat hy graag deur mid­del van die mu­siek­vi­deo wil be­lig is die be­lang­rik­heid van ‘n vrien­de­kring.

“’n Mens weet nie al­tyd wat om te sê vir ie­mand wat de­pres­sief is nie, maar jy kan ook net dáár wees. Só dik­wels ge­beur dit dat fa­mi­lie of vrien­de, wan­neer ie­mand aan self­dood sterf sê ‘As ons maar net ge­bel het’, en dan is dit dik­wels te laat.”

* Sien Bloss­oms Bloom hier: https://www.fa­ce­book.com/VanKo­nings-793110210757636/

Le­on van Rens­burg, san­ger en lied­jie­skry­wer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.