T­wee­ling vir vrou wat als ver­loor het

Mossel Bay Advertiser - - News - Lou­i­se Kar­sten

Mos­sel­baai is ‘n t­wee­ling ry­ker. Dié seun en dog­ter van Ka­ren (43) en An­dré (47) S­wa­ne­poel, klein De­si­ré en Reyn­ard is op 14 Sep­tem­ber in Ge­or­ge ge­bo­re. Die Mos­sel Bay Ad­ver­ti­ser het vroe­ër be­rig oor Ka­ren se hart­seer ver­le­de. Sy het ses jaar ge­le­de haar man, S­chalk (39) en t­wee kin­ders, Je­a­nel­le (5) en Ju­an (2) in ‘n nood­lot­ti­ge mo­tor­on­ge­luk op 10 Ja­nu­a­rie 2012 bui­te Ven­ters­burg op die N1 aan die dood af­ge­staan.

Ka­ren, die e­nig­ste oor­le­wen­de, het ty­dens die voor­val erns­ti­ge be­se­rings op­ge­doen en haar le­we het bin­ne ‘n oog­wink ver­an­der.

Sy het na die voor­val na Mos­sel­baai ge­trek om­dat haar ou­ers hier ge­woon het, waar sy vir An­dré in 2014 ont­moet het.

Hul­le is se­dert­dien ge­troud. Van­dag is Ka­ren se huis op Mos­sel­baai weer vol en na­dat die t­wee­ling vir vyf we­ke in die Me­di­cli­nic in Ge­or­ge moes aan­bly, is die boe­tie en sus­sie uit­ein­de­lik tuis.

“Op 33 we­ke het ek die og­gend op­ge­staan en my ge­sig was ge­swel.

“Ek en An­dré het my bloed­druk laat toets en dit was hoog. Ek is bie­tjie vroe­ër na my gi­ne­ko­loog en hy het my on­mid­de­lik laat op­neem. Ge­luk­kig was my tas­sies ge­pak.

“Hul­le is al­twee ge­sond en Reyn­ard het 2,77kg ge­weeg by ge­boor­te en De­si­ré 2,22kg.” Die S­wa­ne­poel-huis­hou­ding woel be­hoor­lik en ma en pa hou elk ‘n ba­ba vas. “Die eer­ste drie nag­te was erg maar ek kon da­rem by die werk af­vat,” sê An­dré.

“Die ry­e­ry Ge­or­ge toe om hul­le te voed was nog­al erg en ons is net bly hul­le is nou by die huis.” Om kin­ders by hul­le in die huis te hê was vir die S­wa­ne­poel-eg­paar al­bei ‘n be­geer­te.

Ka­ren het ‘n boek be­gin skryf na­dat sy haar ge­sin ver­loor het en die laas­te hoof­stuk van die boek is met die koms van die t­wee­ling se ge­boor­te dus nou am­per vol­tooi.

Na als sing Ka­ren ‘n lof­lied en kan sy van die hoop in haar le­we ge­tuig.

Photo: De­ni­se Lloyd

The Rey­ne­kes - Art­hur and Mi­chel­le (née Coet­zee) - at the beau­ti­ful door of the Ang­li­can church in Ri­vers­da­le.

Fo­to: Lou­i­se

An­dré en Ka­ren S­wa­ne­poel hou vir De­si­ré en Reyn­ard vas in hul huis op Mos­sel­baai. Kar­sten

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.