Mossel Bay Advertiser

Suid-Kaap vir Jesus 2018

-

Die gewilde Suid-Kaap vir Jesusaanbi­eding word vanjaar vir die laaste keer deur die huidige organiseer­ders aangebied. Dit is dan ook hoekom die tema The Completion 7th and Final Event so gepas is. “Die opdrag van ons Koning was om sewe byeenkomst­e te reël en hierdie jaar sal dit dan die sewende een wees,” sê Theo Otto, organiseer­der van die geleenthei­d wat op 9 en 10 November by die amfiteater op Hartenbos plaasvind.

“Retief Burger is weer terug om die lof en aanbidding te lei.

Terwyl ons Vrydagaand ‘n nuwe jong man Pickhard Henn op die verhoog gaan hê om die woord te bring en Saterdagaa­nd is Johnny Louw, die man met die harde stem, weer terug om sy hart te deel.

“Ons is so opgewonde oor wat die Here gaan doen op hierdie naweek dat jy dit eenvoudig net nie kan mis nie.

Ons glo dat daar groot wonderwerk­e gaan plaasvind en dat niemand dieselfde sal wees na die naweek nie. So kom en beleef `n fantasties­e naweek in die teenwoordi­gheid van ons God,” nooi Theo.

Hekke open om 17:00 die Vrydagmidd­ag en om 16:00 die Saterdagmi­ddag.

Daar is kos- en koeldranks­talletjies op die terrein wees.

 ??  ?? Retief Burger
Retief Burger
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa