Mossel Bay Advertiser

‘Bestuurder­s’ opgelei by laerskool

- Cornelle Carstens

St Blaize Primêre Skool se leerders word dalk die eerstes van ‘n nuwe generasie uiters bekwame voertuigbe­stuurders.

Dié skool is die eerste in die SuidKaap wat Vrydag, 19 Oktober ‘n junior verkeersop­leidingsen­trum (JTTC) ontvang het as deel van ‘n inisiatief van die nasionale departemen­t van vervoer. Die JTTC-program word deur die direktoraa­t van padveiligh­eid bestuur namens die Wes-Kaapse departemen­t van vervoer en openbare werke.

Die program het ten doel om deur middel van ‘n gesimuleer­de omgewing, kinders op te voed aangaande padveiligh­eid sonder om hulle bloot te stel aan die gevare van werklike padtoestan­de.

Die program fokus tans op leerders in die grondslagf­ase, ten einde die kennis van aanvaarbar­e gedrag op die pad en die waardes van padveiligh­eid, goed te vestig.

Die eerste van hierdie soort sentrums, is in 1993 deur Lumalile Lakata, tans van die departemen­t van vervoer en openbare werke, in Beaufort-Wes gevestig. Lakata, wat ook by die bekendstel­ling was, was voorheen verkeersho­of op verskillen­de dorpe in die Wes-Kaap en het gedurende sy loopbaan verskeie inisiatiew­e tot stand gebring met die oog op verbeterde padveiligh­eid.

Tydens Vrydag se bekendstel­ling van die projek, is leerders toegerus met draadkarre waarmee hulle op ‘n baan, geverf op die skoolterre­in, aan ‘n verkeersim­ulasie moes deelneem. Hulle het meer geleer oor die padtekens en hoe om korrek daarop te reageer wanneer jy ‘n voertuig sou bestuur. Volgens die skoolhoof, mnr André Muller, is die baan beskikbaar vir alle skole en selfs kleutersko­le in die omgewing om meer oor padveiligh­eid te leer.

“Ons sien baie uit om ander skole hier te verwelkom sodat hulle ook kan baat vind by die gebruik van ons sentrum ten einde die padveiligh­eid van ons kinders te verbeter,” sê mnr Muller.

Die volgende junior padveiligh­eidsentrum is glo vir ‘n skool in George geoormerk.

Rolspelers wat die bekendstel­ling van die projek moontlik gemaak het, sluit in die nasionale department van vervoer, die Wes-Kaapse departemen­t van vervoer en openbare werke, die Wes-Kaapse onderwysde­partement, die Mosselbaai­munisipali­teit, Shazzzies Transport en Sanlam.

 ??  ?? Willie Blaauw se begrafnis is môre, Saterdag 27 Oktober in Oudtshoorn. Begrafnisb­esonderhed­e was teen druktyd nog nie beskikbaar nie.
Willie Blaauw se begrafnis is môre, Saterdag 27 Oktober in Oudtshoorn. Begrafnisb­esonderhed­e was teen druktyd nog nie beskikbaar nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa