Mossel Bay Advertiser

Suidgemeen­te hou verkoping

-

Die NG Suidgemeen­te hou op Saterdag, 3 November ‘n verkoping van tweedehand­se klere en 'n witolifant­egeleenthe­id waar artikels teen baie bekostigba­re pryse te koop is. Die verkoping begin reeds om 08:00 en sal oop wees tot 11:00. Dit vind plaas in die kerksaal in 15de Laan, net langs die kerkgebou.

Enige gebruikte artikels - alles wat in ongebruik is en by ’n huis in ‘n kas of stoorkamer gebêre was - gaan hier te koop wees. Goeie tweedehand­se klere, beddegoed en gordyne sal ook beskikbaar wees.

Daar sal ook ‘n gesellige teetuin wees waar geurige koffie, tee en koeldrank met koek, tert en soutigheid bedien sal word. Smullekker kitsetes en snoeperye sal ook verkoop word. "Kom kry sommer iets vir ontbyt of middagete en stap deur die saal miskien kry jy iets wat jy al lankal soek."

Laerskool Park gaan ‘n spesiale tafel met kinderkler­e hê.

Die fondse wat met die kinderkler­e geïn word, sal aangewend word om behoeftige leerders te help.

Navrae kan gedoen word by ds Danie Smit (044 691 1450 of 084 701 4386).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa