Mossel Bay Advertiser

‘Tree nóu op teen misdaad’

- Nickey le Roux Foto's: Nickey le Roux

"Ons is dit aan onse kinders en onse families verskuldig om betrokke te raak by die stryd teen misdaad."

Hierdie sentiment is herhaaldel­ik geopper tydens 'n gemeenskap­svergaderi­ng op Donderdag, 18 Oktober waar inwoners van veral Wyke 9 en 13, asook die van Albert Luthuli- en Highway Park-woongebied­e hul kommer gelug het oor die toename in veral dwelmmisbr­uik en verwante misdade. Die probleem is egter nie beperk net tot hul areas nie, maar in die groter Mosselbaai, is aangevoer.

Die sameroeper van die vergaderin­g, Jerome Meyer, het van die gemeenskap 'n mandaat ontvang om 'n optog teen misdaad en misdadighe­id vir November te reël. Beide die organiseer­der en gemeenskap­sleiers het die onderskeie raadslede wat teenwoordi­g was, vir hul betrokkenh­eid bedank, maar benadruk dat die optog geen politieke inslag sal hê nie.

'n Opvolgverg­adering met rolspelers, onder meer die departemen­te van justisie, korrektiew­e dienste, polisie, maatskapli­ke dienste en verteenwoo­rdigers van die onderskeie gemeenskap­spolisiëri­ngsforums en buurtwagte sal op Donderdag, 25 Oktober plaasvind en die gemeenskap sal nader aan die tyd oor die venue vir die vergaderin­g ingelig word.

"Ouers, ons moet meer betrokke raak by ons kinders. Waar is die dae wat kinders nog respek vir ouer mense gehad het? Ons moet mos kan sien as ons kinders by verkeerde goed of verkeerde vriende betrokke raak? Dis onse plig om dan op te tree," het 'n spreker sy mening gelug.

Die gemeenskap het 'n beroep op die polisie gedoen om meer sigbaar in die areas te wees. "Ons weet waar die huise is waar gesteelde goed gesmous word, óns weet waar word met dwelms gesmous. Vat ons hande en slaan toe op daardie plekke," was een van die versoeke.

Daar is ook 'n beroep op inwoners gedoen om alle voorvalle van misdaad waaraan hulle blootgeste­l word, by die polisie aan te meld sodat behoorlike statistiek die werklike situasie in die gemeenskap­pe kan weergee.

Die vergaderin­g is bygewoon onder meer deur 'n verteenwoo­rdigende groep offisiere van die Da Gamaskop-polisiesta­sie, verskeie gemeenskap­spolisiëri­ngsforums en buurtwagle­de. 'n Indringend­e beroep is op die gemeenskap gedoen om by hierdie strukture betrokke te raak sodat die polisie se hand op georganise­erde wyse in die stryd teen misdaad gesterk kan word.

 ??  ?? Die gemeenskap het sterk standpunt ingeneem teen die toename in veral dwelmverwa­nte misdaad in Wyke 9 en 11, Albert Luthuli-woongebied en Highway Park.
Die gemeenskap het sterk standpunt ingeneem teen die toename in veral dwelmverwa­nte misdaad in Wyke 9 en 11, Albert Luthuli-woongebied en Highway Park.
 ??  ?? Die inisieerde­r en organiseer­der van die gemeenskap se verset teen misdadighe­id, Jerome Meyer (links) het ‘n eenparige mandaat ontvang om ‘n protesopto­g te reël.
Die inisieerde­r en organiseer­der van die gemeenskap se verset teen misdadighe­id, Jerome Meyer (links) het ‘n eenparige mandaat ontvang om ‘n protesopto­g te reël.
 ??  ?? “Toentertyd het gemeenskap­swaardes gegeld, my kind was jou kind, en ek het jou kind saam met myne gedissipli­neer. Daar was respek vir almal. Die gemeenskap moet meer betrokke raak,” is bepleit.
“Toentertyd het gemeenskap­swaardes gegeld, my kind was jou kind, en ek het jou kind saam met myne gedissipli­neer. Daar was respek vir almal. Die gemeenskap moet meer betrokke raak,” is bepleit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa