Mossel Bay Advertiser

Groentetui­ne sit kos op die tafel

- Nickey le Roux

Gemeenskap­pe in afgeleë gebiede is meer weerloos as ander. Daarom het die regering vanjaar tydens die herdenking van Wêreld Voedselsek­erheidsdag na hierdie gemeenskap­pe uitgereik en is daar onder meer besoek gebring aan Brandwag.

Verskeie hooggeplaa­stes, onder meer die nasionale minister van landbou bosbou en visserye, Senzeni Zokwana asook provinsial­e en plaaslike gemeenskap­sleiers het hul dank uitgespree­k teenoor die Brandwagge­meenskap waar inwoners met hul groentetui­ne woeker.

"Minister, ons verbou self ons groente, ons het nie meer nodig om te wag dat iemand van die dorp hul goed hier kom verkoop nie," het Nelda George met oortuiging aan minister Zokwana gesê. "Nie net het die skenkings ons gehelp om tuine aan te lê nie, dit het gehelp om van ons entreprene­urs te maak."

Die minister het verskeie vrugtebome in die erwe van sommige inwoners geplant en dit benadruk dat hierdie bome, soos die groentetui­ne, mettertyd voedselsek­erheid vir die gemeenskap sal kan verseker.

"As regering bedank ons ook die verskaffer­s wat gesorg het vir die voedselsta­pel wat ons vandag hier kan onthul, asook die voedselpak­kies wat aan begunstigd­es versprei kon word," het die minister gesê.

"Werklooshe­id bring dikwels mee dat mense honger gaan slaap. Die uitreik vandag is juis om aan gemeenskap­pe te verduideli­k en hulle te help om hulself te help om self tuine aan te lê en groente en vrugte te verbou sodat hulle iets op hul tafels vir hul kinders kan hê," aldus minister Zokwana.

Hy het gesê dit is veral vroue en kinders wat ly onder omstandigh­ede waar honger gemeenskap­pe negatief beïnvloed.

Hooggeplaa­stes het hul verluister aan die sang van kleuters by die Abba Sorgkleute­rskool op die dorp voordat 'n optog na die sportvelde onderneem is waar 'n voedselsta­pel onthul is.

"Dit is belangrik dat die nasionale regering deur middel van die onderskeie departemen­te fondse bewillig om armoede uit te wis en voedselsek­erheid te bevorder," aldus minister Zokwana.

‘Minister, ons verbou self ons groente, ons het nie meer nodig om te wag dat iemand van die dorp hul goed hier kom verkoop nie.’

 ??  ?? Nelda George verduideli­k aan die minister van landbou bosbou en visserye, Senzeni Zokwana die waarde van groentetui­ne vir hul gemeenskap. “Ons kan die orige groente verkoop - nou kan ons ons mense kos gee.”
Nelda George verduideli­k aan die minister van landbou bosbou en visserye, Senzeni Zokwana die waarde van groentetui­ne vir hul gemeenskap. “Ons kan die orige groente verkoop - nou kan ons ons mense kos gee.”
 ??  ?? Die minister van landbou bosbou en visserye, Senzeni Zokwana in gesprek met Elmarie en Henry Lewis. Die minister het vir hulle ‘n vrugteboom geplant en gevra dat hulle dit sal versorg.
Die minister van landbou bosbou en visserye, Senzeni Zokwana in gesprek met Elmarie en Henry Lewis. Die minister het vir hulle ‘n vrugteboom geplant en gevra dat hulle dit sal versorg.
 ??  ?? In snikhete weersomsta­ndighede het minister van landbou bosbou en visserye, Senzeni Zokwana inwoners gemaan om veral vroegoggen­d en laatmiddag, wanneer die son nie so fel is nie, hul tuine nat te lei.
In snikhete weersomsta­ndighede het minister van landbou bosbou en visserye, Senzeni Zokwana inwoners gemaan om veral vroegoggen­d en laatmiddag, wanneer die son nie so fel is nie, hul tuine nat te lei.
 ?? Foto: Verskaf ?? ‘n Groot skare wat van heinde en verre na Brandwag gebring is, het in die verrigting­e gedeel.
Foto: Verskaf ‘n Groot skare wat van heinde en verre na Brandwag gebring is, het in die verrigting­e gedeel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa