Mossel Bay Advertiser

AGS-gemeente opnuut begeester

-

Die afgelope naweek het kerkleiers en gemeentled­e van 50 verskillen­de gemeentes in die Apostolies­e Geloofsend­ing van SuidAfrika (AGS) se SWD streek byeengekom om die kerk se 110de bestaansja­ar te vier.

Feesvierin­ge van hierdie mylpaal het deur die loop van 2018 individuee­l in verskillen­de kerkstreke landswyd plaasgevin­d.

Die feesvierin­ge, waartydens verskillen­de predikers, dansgroepe en gospelsang­ers opgteree het, het Vrydag 'n aanvang geneem en ten einde geloop met 'n spesiale feesdiens wat op Sondag in die Family Worship Church, Alhofrylaa­n gehou is.

Tydens Saterdagaa­nd se lofprysing­sbyeenkoms by die Laerskool Hartenbos se skoolsaal, is kerkleiers vereer vir hulle toegewyde diens aan die geloofsgem­eenskap.

Tydens die byeenkoms, het lofdansers en 'n lofprysing­span, saamgestel uit sangers uit die verskillen­de gemeentes bygedra tot 'n besonderse atmosfeer van aanbidding.

 ?? Foto: Cornelle Carstens ?? ‘n Gesamentli­ke lofprysing­span het tot ‘n besonderse atmosfeer bygedra.
Foto: Cornelle Carstens ‘n Gesamentli­ke lofprysing­span het tot ‘n besonderse atmosfeer bygedra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa