Spe­si­a­le pa­si­ënt word be­han­del

Mossel Bay Advertiser - - Art & Entertainment - Ter­sia Ma­rais

‘n Jong bre­ë­ko­pa­rend wat in ‘n krag­draad vas­ge­vlieg het, word hui­dig­lik by dr Frans de Graaff se Har­ten­bos­die­re­hos­pi­taal ver­sorg. Die vlerk is be­seer met lig­te brand­won­de, maar daar is geen frak­tu­re nie en vol­gens dr Frans be­hoort die re­ha­bi­li­ta­sie van hier­die man­ji­fie­ke roof­vo­ël glad te ver­loop.

Die bre­ë­ko­pa­rend is die groot­ste a­rend in A­fri­ka. In En­gels staan die roof­vo­ël be­kend as die mar­ti­al eagle. Hul­le word 76 tot 96 cm lank en het ‘n vlerk­span van 1.9 tot 2.4 me­ter. Ken­mer­kend van die prag­ti­ge vo­ëls is hul­le kort kuif. Hul­le is re­de­lik skaars en dit is e­ni­ge vo­ël­ky­ker se droom om so 'n vo­ël in die na­tuur raak te sien. Hul­le is ge­woon­lik al­leen­lo­pers wat groot ge­deel­tes van die dag stygs­weef. Hul­le prooi is 'n ver­skei­den­heid van soog­die­re en hul­le kan selfs klein wilds­bok­ke vang en vreet, hoe­wel dit te groot is om na hul nes­te te dra.

Dr Frans de Graaff wys die im­po­san­te vlerk­span van die a­rend.

Die be­se­ring aan die lin­ker­vlerk kan dui­de­lik ge­sien word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.