Mans kan ook bors­kan­ker kry

Mossel Bay Advertiser - - Art & Entertainment - Nickey le Roux

"Om met kan­ker ge­di­ag­no­seer te word, is nie nood­wen­dig 'n doods­von­nis nie," al­dus die ge­leent­heid­spre­ker Ja­ni­ne Frost wat aan 'n groot groep be­soe­kers en pa­si­ën­te Don­der­dag­og­gend by die Al­ma-kli­niek in K­waNon­qa­ba, Mos­sel­baai die nood­saak vir self­on­der­soek ver­dui­de­lik het. Die kli­niek het 'n bors­kan­ker­be­wust­heids­by­een­koms ge­re­ël.

"Wan­neer kan­ker in 'n vroeë sta­di­um op­ge­spoor word, is die be­han­de­ling ge­woon­lik nie baie in­gry­pend nie. Daar­om moet mans en vroue ge­reeld, selfs el­ke og­gend, self hul bors­te on­der­soek. Dit is wan­neer kan­ker ver­sprei dat die be­han­de­ling meer om­vat­tend en in­gry­pend word, en die ri­si­ko vir oor­le­wing ook ver­hoog."

Die ge­hoor was ver­ras om te hoor dat mans ook met bors­kan­ker ge­di­ag­no­seer kan word. 'n Be­roep is ge­doen dat vroue sal se­ker maak dat hul mans die no­di­ge toet­se on­der­gaan, ook om an­der vorms van kan­ker vroeg­ty­dig te kan op­spoor.

Die kli­niek se o­pe­ra­si­o­ne­le be­stuur­der, sr Ro­se­li­ne A­rends, het die ge­hoor her­in­ner dat kan­ker geen on­der­skeid tref tus­sen ge­slag of ou­der­dom nie. "Dit is ook nie net die­ge­ne met 'n fa­mi­lie­ge­skie­de­nis van kan­ker wat meer ge­re­de­lik daar­mee ge­di­ag­no­seer word nie. Doen die toet­se, heel­wat daar­van is gra­tis."

'n Kort op­voe­ring deur Jo-An­ne El­der en Se­li­ne S­teyn het prak­ties aan die ge­hoor die pro­ses­se ver­dui­de­lik wat volg wan­neer 'n pa­si­ënt 'n dok­ter oor 'n knop in die bors sou gaan spreek.

ier­die de­mon­stra­sie het heel­wat be­lang­stel­ling uit­ge­lok.

'n Jong vrou wat kan­ker oor­leef het, Sa­diya Moe­rat het haar er­va­ring met bors­kan­ker op 'n baie po­si­tie­we wy­se oor­ge­dra en weer eens be­ve­sig dat 'n di­ag­no­se met kan­ker nie nood­wen­dig ne­ga­tief is nie.

Hoe­wel sy haar bors ver­loor het, het sy bly­moe­dig ver­tel van die on­der­steu­ning wat sy by die Al­ma-kli­niek en die kan­ker­een­heid op Ge­or­ge er­vaar. "Ek het 'n nu­we be­na­de­ring tot die le­we. Ek is 'n jong ma met 'n baie jong kind en ek be­na­der el­ke dag nou met so­veel meer le­wens­vreug­de."

Stap­pers het hul pret­tig uit­ge­dos in pienk om aan die bors­kan­ker­be­wus­ma­king­stap deel te neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.