Mossel Bay Advertiser

Brand blitsig geblus

- Christo Vermaak

Nooddienst­e en die polisie se blitsige optrede het verhoed dat 'n brand by 'n duikkloppe­rsondernem­ing in Voorbaai groot skade aangerig het.

Die brand het omstreeks 14:00 op Donderdag, 18 Oktober by die werkswinke­larea van CBS Body Works ontstaan toe spuitverf vermoedeli­k vlam gevat het. Volgens Wimpie Germishuys, eienaar van die ondernemin­g het sy personeel blitsig opgetree en met brandbluss­ers die vlamme begin blus, terwyl hulle vir die nooddienst­e gewag het.

Die nooddienst­e was binne minute op die toneel en het dit beveilig. Van die personeel is op die toneel medies ondersoek, maar geen ernstige beserings is aangemeld nie.

Polisiewoo­rdvoerder, kapt Wollie Fourie, het aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat die polisie nie die saak ondersoek nie. "Dit wil voorkom asof die brand bloot 'n ongeluk was."

 ?? Foto: Christo Vermaak ?? Mosselbaai se brand- en rampbestuu­rsdienste op die brandtonee­l in Voorbaai.
Foto: Christo Vermaak Mosselbaai se brand- en rampbestuu­rsdienste op die brandtonee­l in Voorbaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa