Voorbidding teen kanker
Die Lutherse Kerk van Albertinia het Sondag saam gebid vir mense wat met kanker diagnoseer is juis aangesien Oktober borskankerbewustheidmaand is.
Harold Kiewiet het kerkgangers bemoedig, waarna suster Sharol Jansen die verskillende tipe kanker toegelig het. Prediker Alistiar Jansen het die Woord gebring en gesorg dat almal gesalf word in die kerk. Mense wat met kanker gediagnoseer is, kon 'n kers aansteek en hul getuienis lewer.