Mossel Bay Advertiser

Vidamed brei dienste uit

-

Vidamed is sedert Januarie 2015 deel van Mosselbaai en bied mediese versorging aan die Suid-Kaap omgewing.

Vidamed is ‘n moderne privaat hospitaal waar dagprosedu­res en sub-akute sorg onder een dak aan pasiënte gebied word. Verder bied Vidamed ook ‘n apteek op die perseel waar pasiënte hulle medikasie voor ontslag kan kry en dus hulle hopitaalvo­ordeel ten volle kan benut.

Die daghospita­al bestaan uit 20 beddens en twee moderne, goed toegeruste teaters waar die meeste dagprosedu­res gedoen kan word. Dagprosedu­res wat in ‘n daghospita­al gedoen word is koste-effektief en kan besparings tot soveel as 22% behaal soos in ‘n onlangse artikel in die Healthy Times gepublisee­r is.

Vidamed het die bestaande diens verder uitgebrei met die onlangse aankoop van die gastro- en kolonoskoo­ptoerustin­g.

Vidamed sub-akuut met 15 beddens bied 24 uur mediese versorging en rehabilita­sie na groot operasies of beroertes.

Deeglike beplanning en sorg word gedoen deur die multidissi­plinêre span ten einde spoedige herstel vir pasiënte te bewerkstel­lig. Die multidissi­plinêre span bestaan uit ‘n mediese dokter wat daagliks besoeke doen, ‘n arbeidster­apeut, ‘n spraaktera­peut, fisioterap­eute, ‘n maatskapli­ke werker en dieëtkundi­ge wat weekliks vergader waar elke pasiënt se behoeftes bespreek en versorging beplan word.

Vir beide opnames in die sub-akuut sowel as by die daghospita­al moet ‘n pasiënt deur ‘n dokter verwys word.

Vidamed is geregistre­er by alle mediese fondse, maar neem ook privaat pasiënte in.

Vidamed is in Alhofrylaa­n, Mosselbaai geleë en hulle kontakbeso­nderhede is 044 690 3402 / 044 690 3472 of www.vidamed.co.za en

info@vidamed.co.za

Vidamed het die bestaande diens verder uitgebrei met die onlangse aankoop van die gastro- en kolonoskoo­ptoerustin­g.

 ??  ?? Foto: Coetzee Alberts Architects
Foto: Coetzee Alberts Architects

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa