Mossel Bay Advertiser

Kos, klank en kuier in Afrikaans in Hartenbos

-

Een ding waarmee alle Suid-Afrikaners saamstem is dat ons die heel lekkerste saamkuier wanneer daar kos en klank by is. Met die opening van Na Donker Koswerf gedurende 2018, het hierdie splinternu­we toevoeging tot ATKV Hartenbos se fasiliteit­e, reeds oornag ‘n groot gunsteling geword.

Na Donker is die perfekte plek van samekoms vir oud en jonk. Of dit nou 'n vinnige koppie koffie, ‘n damestee of 'n laatnagkui­er is, die venue is perfek met ‘n gesellige uitleg, eg Afrikaanse atmosfeer en selfs 'n knetterend­e kaggelvuur vir daardie ekstra “iets”. Of jy nou kaalvoet in jou baaibroek of netjies uitgevat is, almal is welkom om die warm kuieratmos­feer te kom geniet.

KOS

Die Restaurant, Koswerf, bedien heerlike eg Suid-Afrikaanse geregte op 'n daaglikse basis. Die Sondag-buffet is reeds ‘n groot gunsteling en met die komende Kersseisoe­n, sal 'n Kersdag ete ook bedien word waarvoor daar so gou moontlik bespreek moet word. Alle spyskaart items word daagliks vars op die perseel voorberei deur gekwalifis­eerde sjefs. Spesiale voorkeure soos vergetarie­se disse kan ook op versoek voorberei word. In die Dam, kan daar potjiekos gemaak word en natuurlik word daar gereeld gebraai. Daar is twee volledige kroeë met ‘n baie groot verskeiden­heid wyn, bier en sterker dranksoort­e. Die nuutste tendens van tapvat bier, wyn en ander alkoholies­e verversing­s is ook beskikbaar en daar is selfs een van ons plaaslike wyne van Jakkalsvle­i uit die gesogte kraantjie. Gereelde promosies asook wynpasproe met die spyskaart vind plaas. Boetiekbie­re (craft beer) waarvan onder andere die plaaslike gunsteling Glenhoff, kan ook bestel word. Kitskoswer­f is ‘n wegneem ete toonbank aan die buitekant van die gebou en die heerlikste chip en dips kan hier bestel word.

KLANK

Of jy nou kaalvoet in jou baaibroek of netjies uitgevat is, almal is welkom om die warm kuieratmos­feer te kom geniet.

Sedert die opening van Na Donker het gewilde Suid Afrikaanse kunstenaar­s reeds hier opgetree en meeste van die groot name wat gedurende Desember by die Amfiteater te siene sal wees, gaan ook hier optree. Plaaslike talent word egter genooi om deel te raak van die Na Donker-geleenthed­e waar opkomende kunstenaar­s se stemme en musiek gehoor kan word. Woensdagaa­nde is karaoke aand en dan weergalm die berge soos daar gekuier en gesing word

Of jy nou ‘n koppie boeretroos (filter koffie met kondensmel­k) of ‘n brandwyntj­ie wil geniet, Na Donker is dié plek om dit te kom doen.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa