Mossel Bay Advertiser

Dansers maak Mosselbaai trots

-

Drie danspaartj­ies van Mosselbaai het verlede naweek bewys dat hulle omtrent hulle passies ken. Die jong dansers, almal van Dance Dimensions in Mosselbaai het aan die Rumba in the Jungle internasio­nale danskompet­isie in Sun City deelgeneem.

Volgens hulle afrigter, Julvirn Laws was hulle kookwater op die dansbaan waar hulle teen dansers uit 12 lande meedgeding het. Darren Amsterdam en Keysha Fillies, die jongste paartjie, het drie eerste plekke behaal in hulle afdeling. Hulle dans nog net 'n jaar saam.

Lee Wildemans en Lara-Lee Meyer het in hulle kategorie, tweede in baldanse en sewende in die Latyns-Amerikaans­e danse gekom. Hiermee haal hulle die semi-finaal.

Lee-Roy Muller en Jade Moolman, dans glo al jare saam en het 'n vierde plek in baldanse en 'n vyfde plek in LatynsAmer­ikaanse danse behaal.

Hierdie twee dansers, was die dansskool se eerste twee studente, vertel Laws. "Vandag, soos in die kompetisie bewys, het ons drie sterk danspare wat kompeteren­d kan dans. Hulle toon altyd 'n goeie sportmansg­ees, ongeag of hulle wen of nie," verduideli­k Laws.

Die dansers is beskikbaar om my funksies op te tree. Die dansskool se oefentye is op Dinsdae en Donderdae vanaf 18:0020:00 by die binnenshui­se sportsentr­um in Uitbreidin­g 23.

 ??  ?? Bizzy word sedert Woensdag, 17 Oktober vermis. Sy was in die area tussen die Mosselbaai provinsial­e hospitaal en die brandweers­tasie op Mosselbaai. Bizzy is ‘n steekhaart­ërrier-kruising, 13 jaar oud en is grys en wit van kleur. Kontak asseblief vir Marilize (083 295 4255).
Bizzy word sedert Woensdag, 17 Oktober vermis. Sy was in die area tussen die Mosselbaai provinsial­e hospitaal en die brandweers­tasie op Mosselbaai. Bizzy is ‘n steekhaart­ërrier-kruising, 13 jaar oud en is grys en wit van kleur. Kontak asseblief vir Marilize (083 295 4255).
 ??  ?? Darren Amsterdam en Keysha Fillies die jongste paartjie in aksie in Sun City.
Darren Amsterdam en Keysha Fillies die jongste paartjie in aksie in Sun City.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa