Mossel Bay Advertiser

Rekenaarse­ntrum is puik

-

Gwen Venter, skryf:

Ek wil baie, baie dankie sê aan die personeel van die Thusong-dienssentr­um.

Groot was my verbasing toe ek ‘n besoek aan die netjiese kantoor van die rekenaarse­ntrum by die dienssentr­um bring. Dit is 'n fasiliteit van die Wes-Kaapse Provinsial­e regering (Cape Access).

Huiwerig het ek aan Ashwin Brown (ontwikkeli­ngsbestuur­der) en Tobela Nombali (sentrumbes­tuurder) verduideli­k dat ek heelwat fotostate asook scanning en e-pos gedoen wil hê.

In ‘n ommesientj­ie is my frustrasie uit my hande geneem en die nodige dadelik gedoen.

Vinnige, vriendelik­e diens is gelewer deur profession­ele persone en, boonop gratis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa