Mossel Bay Advertiser

Huurhuise nie bekostigba­ar nie

-

Alet van Rensburg, skryf:

Ek verstaan nie wat mense moet doen wat nie huise kan bekostig om te koop nie.

Ons gesin verdien 'n redelike goeie inkomste maar die huurpryse vanaf Groot Brak na Mosselbaai is belaglik.

Jy kan bloot nie 'n ordentlike drieslaapk­amerhuis kry vir onder R10 000 per maand nie. Waarvan moet ons dan leef? Daar is net geen genade nie en niemand laat enige troeteldie­re toe nie. Sommige is self sku vir kinders.

Ons sit met ons hande in die hare en oorweeg dit om te trek omdat dit nie lyk of daar ooit bekostigba­re behuising vir mense soos ons op Mosselbaai sal wees nie.

Dit is regtig 'n skande dat daar soveel vir huurhuise gevra word terwyl Mosselbaai nie juis bekend is vir astronomie­se salarisse nie. Ag nee Mosselbaai, kom ons maak 'n plan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa