Mossel Bay Advertiser

Bome vir Hartenbos

-

Die flukse jeug van AfriForum se Mosselbaai-tak het op 13 Oktober 10 inheemse bome by die Laerskool Hartenbos geplant as deel van dié burgerregt­eorganisas­ie se boomplantp­rojek.

Louis Cook, voorsitter van die AfriForumt­ak in Mosselbaai, het ’n wakende oog oor die jongspan gehou. As simbool van die Laerskool Hartenbos se ingesteldh­eid op waardesist­eme is ’n spesifieke waarde aan elke boom toegeken. Die skool, wat as die “Dolfyne” bekend staan het Billy Croucamp, voorsitter van die jeugportef­eulje van AfriForum se Mosselbaai-tak, en sy span via sosiale media vir hul inisiatief bedank.

Croucamp het weer op sy beurt die borge, Mass Hire, Divvies Slaghuis en Morné van Schalkwyk, asook sy eie span en vrywillige­rs vir hul toewyding bedank. Spesiale melding is aan Cor Venter, eienaar van Key Reality, gemaak wat sy dogter saamgebrin­g het om ’n boom te help plant. Croucamp het dié aksie as ’n toekomsbel­egging beskryf en opgewonde verklaar dat die jeug verbonde aan AfriForum se Mosselbaai-tak in die toekoms ’n groot verskil in dié gemeenskap gaan maak. “Dit is ’n voorreg om te aanskou hoe die jeug van AfriForum se Mosselbaai- tak in hul toekoms belê.

Dit sal beslis die gemeenskap ook inspireer om hande te vat as verantwoor­delikheid teenoor die volhoubaar­heid van ons omgewing,” sê Arno Greyling, AfriForum se distriksko­ördineerde­r vir die Suid-Kaap.

Die tak moedig die gemeenskap aan om deel te word van ’n groener toekoms.

 ??  ?? Die span wat betrokke was.
Die span wat betrokke was.
 ??  ?? Een van die waardes wat aan die boom toegeken is.
Een van die waardes wat aan die boom toegeken is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa