Chanté aan die skilder
'n Sewentienjarige leerder van Punt, Chanté van der Spuy is reeds van kindsbeen af passievol oor kuns.
"Die een mens wat my altyd geïnspireer het is my ouma, Rina Vos. Of sy my geleer het hoe om ‘n Barbiepop te teken, en of ons saam gewerk het aan my eerste skildery, sy was altyd daar om my te ondersteun. Soos ek ouer geword het, het ek klomp kunstenaars se werk begin bewonder. Ek voel dat kuns ‘n goeie manier is om uit te druk hoe jy voel, maar sonder om op te kyk na ander, sal jy nooit jou eie tekortkominge kan identifiseer en verbeter nie."