Mossel Bay Advertiser

Netbal-afrigters leer heelwat by sportlegen­des

-

Die netbalafri­gters van Hoërskool Punt het die afgelope naweek (12 en 13 Oktober) ‘n netbalkurs­us bygewoon wat deur legendes van Suid-Afrikaanse netbal aangebied is.

Amanda Mynhart is die Proteas se suksesvoll­e kaptein. Sy het twee jaar vir NieuSeelan­d gespeel en is deel van hul paneel van afrigters. Elize Kotze is die afgelope 10 jaar die Protea-afrigter.

Rese Hugo is 'n voormalige Protea-speler en Patrys Basson het haar staal in die doelposisi­e in die Protea-span gewys.

Die kursus is by die Elandsrus Lodge buite Beaufort-Wes aangebied.

Punt se afrigters gaan hierdie kennis gebruik om die skool se netbal nog beter te maak.

 ??  ?? Netbal-afrigting saam met die bekendes is van links, agter: E Nel (Punt), Amanda Mynhart, Elize Kotze, Rese Hugo, Patrys van der Merwe en R Bezuidenho­ut (Punt). Voorr: K van den Berg (Punt) en J van der Merwe (Punt).
Netbal-afrigting saam met die bekendes is van links, agter: E Nel (Punt), Amanda Mynhart, Elize Kotze, Rese Hugo, Patrys van der Merwe en R Bezuidenho­ut (Punt). Voorr: K van den Berg (Punt) en J van der Merwe (Punt).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa