Mossel Bay Advertiser

Spogverton­ing deur Da Gamaskopso­ne se lede

-

Polisieled­e verbonde aan die Da Gamaskop-polisiërin­gsone het besonder goed gevaar tydens die pas afgelope 28ste jaarlikse SA Polisie nasionale kampioensk­ap waar lede in verskeie karatekode­s teen mekaar meegeding het.

Da Gamaskop se lede spog met ses goue, twee silwer- en drie bronsmedal­jes.

Sersant Williams spog met 'n goue medalje in Jiu jitsu asook die trofee vir die beste manlike Jiu Jitsu 2018. Hy is aangewys as die nasionale verteenwoo­rdiger vir skopbox (kickboxing) in die SA Polisie en het ook die toekenning verwerf as administra­teur van die jaar 2018.

KwaNonqaba-polisie se sers Jaftha het 'n silwermeda­lje verower vir die individuel­e kata en 'n bronsmedal­je vir unison. Sy eggenoot, Rozen, ook 'n polisielid het 'n goue medalje verwerf vir die kata asook 'n verdere goue medalje vir die unison-kata. Sy spog ook met 'n silwermeda­lje vir kumite. Daarenteen het ao Lourens 'n bronsmedal­je gewen vir kumite en kan sers Van Vuuren met benewens 'n bronsmedal­je in kumite, ook 'n goue medalje in unisonkata spog. Sersant Henry Jaftha spog na afloop van die kampioensk­appe met twee goue en 'n bronsmedal­je.

Sersant Williams is aangewys as die nasionale verteenwoo­rdiger vir skopbox (kickboxing) in die SA Polisie.

 ??  ?? Sersant A Jaftha van KwaNonqaba se polisiesta­sie, saam met kollegaa sers CC Williams van Barrydale sers Jansen van Vuuren van Swellendam, kst R Jaftha van Da Gamaskop se polisiesta­sie, sers H Jaftha van Stillbaai en ao Lourens van Suurbraak.
Sersant A Jaftha van KwaNonqaba se polisiesta­sie, saam met kollegaa sers CC Williams van Barrydale sers Jansen van Vuuren van Swellendam, kst R Jaftha van Da Gamaskop se polisiesta­sie, sers H Jaftha van Stillbaai en ao Lourens van Suurbraak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa