Mossel Bay Advertiser

SJB lei jong jagters op

-

Vyftien junior jagters het hul eerste module van die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsv­ereninging (SJB) se CHASAkursu­s voltooi.

Dit het op die Wouter de Vos-skietbaan buite Klein-Brakrivier plaasgevin­d.

Hierdie eerste module van die CHASAkursu­s fokus op skietoplei­ding en die tweede module wat volgende jaar in die jagveld aangebied word, sal op veldkennis en ook ‘n jag van ‘n springbok insluit.

Met die intrapslag elke student individuel­e evaluering ondergaan aangaande basiese vuurwapenh­antering, asook skietvernu­f met ‘n .22 LR. Die oefening is aan die einde van die kursus herhaal en merkwaardi­ge verbeterin­g bemerk.

Amper 1 500 skote is afgevuur om sodoende die studente vertroud te maak met skietkuns uit verskillen­de posisies op rooiboktei­kens, ghongs en bewegende teikens. ‘n Boslaan is ook opgestel om ‘n ware jagsituasi­e voor te stel.

Op die Saterdag, 5 Oktober is oorgeskake­l na .222- en .223-senterslag­gewere. Om toelating te verkry tot module twee moes die studente die voorgeskre­we skiettoets op rooiboktei­kens slaag. Vuurwapenv­eiligheid, veilige hantering van vuurwapens, dissipline, vuurwapen-instandhou­ding, koeltrajek en die montering van ‘n teleskoop was deel van die kursus.

Vir verdere inligting kan Fermi Meyer (072 444 8236) gekontak word. Die kursus word elke tweede jaar aangebied vir junior jagters.

SJB nooi al sy lede en nie-lede uit na die gewilde ghong/spanskiet wat op 17 November plaasvind op Aangenaam naby De Rust. Daar is onder andere ‘n gelukstrek­king ter waarde van R12 800 op die spel. Voorafinsk­rywings is noodsaakli­k. Stuur navrae na info@suidkaapja­gters.co.za

 ??  ?? Matthys Lourens tydens sy skietoplei­ding.
Matthys Lourens tydens sy skietoplei­ding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa