Mossel Bay Advertiser

Jukskeivet­erane presteer

- Sydney Stopforth

Kroonstad! Wat ‘n voorreg en besondere belewenis om die mekka van jukskei in Suid-Afrika te besoek en om aan die SA meestersto­ernooi te kon deelneem.

Dit was Buks Scholtz, Bossie Boshoff, Dolf Barnard, Sydney Stopforth en die vyfde speler Johnny Coetzee se besondere ervaring vanaf 1 tot 5 Oktober.

Van meet af aan was dit ‘n strawwe wedywering. Die driemanspe­l (trips) is op Maandag, 1 Oktober afgehandel. Vanweë die baie inskrywing­s is daar in twee afdelings meegeding.

Eden het sy afdeling gewen deur vier skofte aan te teken met ‘n puntetotaa­l van 49 uit ‘n moontlike 75.

Daarna is ‘n rondomtali­e uitklopkom­petisie gespeel.

Weer eens het Eden tydens die drie wedstryde ‘n totaal van 30 punte behaal en gevolglik die eerste plek verower met as beloning vir hul goeie prestasie die goue medaljes.

Dinsdag, 2 Oktober het die spanspel ‘n aanvang geneem. Weer eens, vanweë die groot aantal inskrywing­s is daar in twee afdelings meegeding. Eden se vier manne het uitstekend presteer en in hul sewe wedstryde 10 skofte aangeteken sonder om ‘n skof af te staan.

Donderdagm­iddag en Vrydagogge­nd is die plaatkompe­tisie afgehandel. Die boonste drie spanne in elke afdeling het teen mekaar meegeding in ‘n rondomtali­e, uitklopkom­petisie.

Op hierdie wyse kon ‘n 1ste, 2de en 3de plek oopgespeel word. Eden het weer eens voormelde uitspeelwe­dstryde gewen deur in die eerste plek te eindig met ‘n puntetotaa­l van 154½ punte met Limpopo (133½ punte) in die 2de plek en Overberg (121 punte) in die 3de plek. Eden het die trofeë in die drieman-, sowel as die vierspansp­el verower.

Eden se veterane (spelers bo 50 jaar) het dus in beide vorms van die spel, die drieman- (trips) en die spanspel (vier spelers) goue medaljes verower.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa