Mossel Bay Advertiser

Pieter Steenkamp skitter tydens Global Golf-borgdag

- Gholfer

Oktobermaa­nd se winderige toestande het tot dusver nie net die beste uit gholfspele­rs gehaal nie, maar ook het frustrasie­s by tye hoogty gevier. Woensdag, 17 Oktober was ‘n meer genadige dag en die 132 spelers wat aan Global Golf se maandeliks­e borgdag deelgeneem het, het van die aangenamer omstandigh­ede gebruik gemaak en goeie tellings aangeteken.

Die bruto-wenner in die houespel kompetisie was Pieter Steenkamp (voorgee 5) wat slegs 70 houe nodig gehad het om die louere in te oes. Ten opsigte van die nettotelli­ngs het die manne mekaar behoorlik die stryd aangesê en ‘n wenner kon eers na die uittel bepaal word. Percy van Schalkwyk se 66 houe het sy jonger teenstande­rs na die uittel getroef. Jurgens Bosman en Skippie Scheepers het op 66 houe tweede en derde in die netto-afdeling geëindig. J Shelver, P Meyer, (albei 67 houe), asook M Hugo (68 houe) en M de Kock (69 houe) het ook die rooi tapyt betree om hulle duursame pryse by Arrie van der Linde van Global Golf te ontvang.

Saterdag

Die gewilde vierbal-alliansiek­ompetisie wat op Saterdag, 20 Oktober plaasgevin­d het, het ten spyte van die Curriebeke­rhalfeinds­tryde nog 144 spelers baan toe gelok. Die vierbalkom­binasie van Kelvin Muller, Anthony Evertse, Ashwell Cameron en Clinton Windvogel het vrugte afgewerp en op 92 punte was hulle die wenners van die dag. Onder die bekwame, ervare leiding van die 84-jarige Colin Buck, het sy span bestaande uit Ian Wessels, Danie le Roux en Pieter Barnard op 89 punte tweede geëindig. As jy nog gedink het gholfspeel is vir die jonger garde, dan het die vier spelers ons verkeerd bewys, want hulle gesamentli­ke ouderdom is 314 jaar wat gemiddeld 78.5 jaar is. ‘n Veel jonger groep manne, Gerrit van Zyl, Jan Joubert, Gerhard Combrinck en Danie Lambrecht het ook 89 punte aangeteken, maar is na die uittel derde geplaas. Saterdag, 27 Oktober vind die eerste uitspeelro­ndte van die Kampioen van Kampioene plaas. Die kwalifisee­rders se name is op die kennisgewi­ngbord, so maak asseblief seker dat jy die ronde nie mis nie.

 ??  ?? Shirley Pressley practising her swing. Gys Genis with the Gastao’s hamper
Shirley Pressley practising her swing. Gys Genis with the Gastao’s hamper

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa