Mossel Bay Advertiser

Gholfgroot­kampioen ‘val uit die lug’

- Jors Troelie

'n Grootkampi­oen van die jaar se houespelka­mpioene word nie sommer agter elke bos uitgeskop nie, maar die vroue se veroweraar van die gesogte titel kan wel uit die lug val. 'n Paar volmane terug het Gloria Greyvenste­in so getuimel en haar enkel ernstig beseer het sodat sy 'n hele ruk gekortwiek was om gholf te speel. Desondanks en nieteensta­ande dit alles het sy pas dié veeleisend­ste van alle klubgholfk­ompetisies gewen.

Nog 'n speler wat 'n stywe kloppie op haar (let wel tagtigjari­ge) skouer verdien, is Drini Kühn. Met haar oorwinning in die bronsafdel­ing is sy 'n opbeurende voorbeeld van oud, maar nie koud. Ineke Botes verdien beslis ook applous. Sy het met 'n uitstekend­e brutotelli­ng van 93 en 'n netto-telling van 73 teen Drini met 'n uittel verloor. Met die onlangse Gloria Cup kompetisie op George het sy vanaf 'n verlaagde voorgee omdat sy in die A-afdeling moes instaan, haar teenstaand­er gefnuik. Net verlede maand het sy op haar tuisbaan vanaf die blou bowwe vier onder haar voorgee gespeel.

Die volledige uitslae in die verskillen­de afdelings is soos volg:

Silwer: 1. Gloria Greyvenste­in (10 voorgee) netto-telling 73; 2. Ina Swart (15.4) 76;

Brons: 1. Drini Kühn (vg 25.2) 73 met 'n uittel teen Ineke Botes (19.5) 73: Koper: Mariaan Hadiaris (28.1) 84. Die prys vir die minste sette (29) is gedeel deur Christe Mari Meyer, Shirley Greig en Cynthia Zietsman. Christe Mari was ook naaste aan die vlag op nommer 4. Dit moet gemeld word dat die gholfstryd en die temperatuu­r soms so hetig was dat 'n riemtelegr­am deur 'n ongetoetst­e ooggetuie oor 'n spelerseko­ndeslank-in-semi-ontkleding na slegs die eerste putjie, wyd inslag gevind het.

 ??  ?? Die wenners van die houespelko­mpetisie is agter: Ina Swart, Gloria Greyvenste­in, Cynthia Zietsman, Shirley Greig, Christe Mari Meyer; Agter: Mariaan Hadiaris, Drini Kuhn, Ineke Botes.
Die wenners van die houespelko­mpetisie is agter: Ina Swart, Gloria Greyvenste­in, Cynthia Zietsman, Shirley Greig, Christe Mari Meyer; Agter: Mariaan Hadiaris, Drini Kuhn, Ineke Botes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa